Die bedryfsentrum van die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) in Centurion is Vrydag weer ontruim na nóg ‘n antraksskok.
“Die kantoor is ontruim en ons het spesialiste op die toneel om te sien of die wit poeier antraks is,” het lt.kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die polisie in Gauteng, gesê. “Twee mense is na ‘n hospitaal geneem.”
Volgens Mogale is verdere besonderhede nie tans beskikbaar nie.
Vusi Mona, woordvoerder vir Sanral, was nie dadelik beskikbaar vir kommentaar nie.
Sanral het Dinsdag gesê die Gautengse tolstelsel is ontwrig nadat ‘n koevert met wit poeier opgespoor is en die kantoor ontruim moes word. Mona kon nie sê hoe die stelsel geraak is nie. Sanral het Woensdag bevestig daar was nie ‘n skadelike stof in die koevert nie. Altesaam 37 mense is Dinsdag ontsmet en na ‘n hospitaal geneem. Hulle is die volgende oggend ontslaan.
Lees ook:
Sanral: Alles weer normaal ná antraksskok
Verdagte wit poeier by Sanral nie antraks nie
Poeier is skadeloos – Sanral