Sanral weet nog nie hoeveel e-tolskyfies verkoop is nie

e-tagDie Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) het Woensdag gesê hulle kan nog nie presies bepaal hoeveel e-tolskyfies reeds verkoop is nie.

“Ons het nog nie die syfers bymekaar getel nie, maar ons behoort dit voor die einde van die week te hê,” het Vusi Mona, Sanral se woordvoerder, gesê.

Die nuusagentskap SAPA het by Sanral navraag gedoen oor hoeveel motoriste, regeringsdepartemente en maatskappye reeds e-tolskyfies aangeskaf het.

“Volgens bewyse tot ons beskikking het die hoeveelheid mense wat ons winkels besoek om vir e-tol te registreer, toegeneem,” het Mona gesê.

Dipou Peters, die minister van vervoer, het verlede week aangekondig dat die e-tolstelsel op 3 Desember in werking gestel gaan word. Verskeie organisasies, vakbonde en politieke partye het hul misnoeë hieroor uitgespreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Griet ·

Op 24 November is berig: “Ten minste 700 000 mense het reeds vir e-tol registreer,” het Nazir Ali, hoof uitvoerende beampte van Sanral, gesê.

Kom ons raai:
450 000: Regeringsdepartemente/Munisipale voertuie
150 000: Motoriste (Banges & G*tkruipers)
100 000 = Maatskappye: I.E. Vervoermaatskappye, motor verhuurings maatskappye, ens,
wat die kostes beslis na die gebruiker (ek en jy) gaan /kan afwentel.

Ek glo nie ek slaan die bal te ver mis nie Mona, kry vir julle !! Ironie is, hulle moet nou net op ander plekke NOG Belastingbetalersgeld steel om die regerings voertuie se tolgelde te betaal……

Henko ·

Verbeel ek my – het hulle nie so onlangs as 1 – 2 weke terug die syfer bekend gemaak as 700 000 nie?

sonet ·

Geen wonder hulle weet nie hoeveel nie !!! Hulle kan net tot 2 tel. Een vir jou en twee in my bank rek. Een vir jou en twee in my sak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.