Die werknemer van die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) wat in hegtenis geneem is op aanklagte wat verband hou met terrorisme by Sanral se hoofkantoor in Midrand, is opgespoor deur ʼn oproep wat hy deur sy selfoon gemaak het.
Kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die Valke, het gesê die man word aan die misdaad verbind deur ʼn oproep wat hy met die selfoon gemaak het, maar hulle is nie seker of hy die enigste persoon is wat die selfoon gebruik het nie. “Ons is oortuig dat ons die meesterbrein agter die dreigemente vasgetrek het,” het Ramaloko gesê.
Die 28-jarige man van Soweto se inhegtenisname kom nadat Sanral se hoofkantoor verlede week drie keer ontruim moes word. Die kantoor is Sondag ontruim nadat daar ʼn bomdreigement was. Die kantoor moes ook verlede week Dinsdag en Vrydag ontruim word nadat ‘n koevert met wit poeier daarin op altwee dae afgelewer is. In albei gevalle is daar ondersoek ingestel om te bepaal of die poeier antraks is. Die poeier was egter onskadelik.
Die verdagte het in Sanral se inbelsentrum gewerk. Hy gaan na verwagting Vrydag in die Pretoria-landdroshof verskyn op aanklagte van terrorisme. Die Electronic Toll Collection (ETC), die maatskappy wat e-tol invorder, het gesê hulle kan nie kommentaar lewer nie, omdat die saak nog ondersoek word. – SAPA
Lees ook:
Sanral-werker vas oor dreigemente
Nuuskommentaar: Terreur teen Sanral
Minister veroordeel Sanral-veiligheidsaanvalle
Sanral-hoofkantoor ontruim na bomdreigement
Sanral oorweeg aparte posbus Sanral-poeier is skadeloos
Sanral wéér ontruim
Sanral: Alles weer normaal ná antraksskok
Verdagte wit poeier by Sanral nie antraks nie
Poeier is skadeloos – Sanral
Noem hulle hom die Meesterbrein? Blybaar is dit nie die regte titel in hierdie geval…
Die koningkryk wat onderling verdeeld is gaan te gronde…kan ons maar net hoop…