ʼn Werknemer van die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) is in hegtenis geneem op aanklagte wat verband hou met terrorisme.
Kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die Valke, sê die georganiseerde misdaadeenheid van die Valke het die 28-jarge werknemer Woensdagmiddag in hegtenis geneem. “Die man is by Sanral se hoofkantoor in Centurion in hegtenis geneem terwyl hy aan diens was. Gedurende sy arrestasie is daar op ʼn selfoon, wat glo gebruik is om die misdaad te pleeg, beslag gelê. ” Ramaloko sê die motief vir die werknemer se optrede is nog nie bekend nie en word ondersoek. Hy sal na verwagting Vrydag in die Pretoria-landdroshof verskyn op aanklagte wat verband hou met terrorisme.
Die inhegtenisname kom nadat Sanral se hoofkantoor drie keer verlede week ontruim moes word. Die kantoor is Sondag ontruim nadat daar ʼn bomdreigement was. Die kantoor moes ook verlede week Dinsdag en Vrydag ontruim word nadat daar op albei dae ’n koevert met ’n wit poeier daar afgelewer is. In albei gevalle is daar ondersoek ingestel om te bepaal of die poeier antraks is. Die wit poeier was egter onskadelik.
Ha, ha, ha, ha – so ek was reg verlede week dat dit ‘n werknemer is wat klaar keelvol is vir die organisasie waarvoor hy of sy werk :-)
Wat is volgende?