Sanral-woordvoerder sê glo luisteraar “moet IK verhoog”

Vusi Mona. Foto: africa.widmi.com

Vusi Mona. Foto: africa.widmi.com

Justice Project South Africa (JPSA) het Donderdag ʼn beroep gedoen op Vusi Mona, die woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral), om te bedank.

“JPSA versoek Mona om die eerbare ding te doen en dadelik te bedank, aangesien hy nie respek het vir die publiek wat hy dien nie,” het Howard Dembovsky, JPSA se voorsitter, gesê. “As hy nie bedank nie, moet die minister van vervoer hom afdank.”

Dembovsky beskuldig Mona dat hy Woensdagaand ʼn luisteraar van Radio 702 en Cape Talk geminag het. Die luister het ingebel en het Mona uitgevra oor Sanral se SMS-stelsel, wat vir motoriste aandui hoeveel geld hulle skuld. “Hoe weet ek, die padverbruiker, dat ek nie deur ʼn slenter gevang word nie, want daar is baie mense wat op die lawaaiwa sal spring en probeer om ʼn mens te kul? Hoe kan ʼn mens seker wees dat julle SMSe waar is en nie ʼn slenter is nie?” het die luisteraar gevra.

Mona het glo daarop geantwoord: “Baie maklik. Verhoog jou IK ʼn bietjie.”

“As staatsamptenaar en ʼn werker van ʼn staatsbeheerde onderneming, is dit mnr. Mona se plig om lede van die publiek te respekteer. Hy moes van beter weet as om ʼn lid van die publiek, wat slegs ʼn regmatige vraag gevra het, blatant te beledig,” het Dembovsky gesê.

Mona voer egter aan Dembovsky is kwaad vir e-tol en Sanral. “Hy wil dit ʼn persoonlike kwessie maak,” het Mona gesê. “Hy wil die aandag van JPSA aflei wat die publiek mislei het deur hulle aan te moedig om nie vir e-tol te registreer nie, en nou sit motoriste met e-tolrekeninge wat drie keer meer is as wat hulle kon betaal.”

Mona sê hy het vir luisteraars gesê om hul IK ʼn bietjie te verhoog en Sanral te bel as hulle vermoed daar is ʼn bedrogspul. Mona sê indien die luisteraar aanstoot geneem het, sal hy bereid wees om omverskoning te vra.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Griet ·

En hy (Mona) moet nog ‘n IK kry, syne het weggeraak toe hy vir Scamral begin lieg het.

Grobbie ·

Besit hierdie vent enige IK???? Dis hoeka van ‘n gebrek aan IK dat hierdie land in die toestand is waarin dit verkeer. En ek suig dit nie uit my duim nie. Kyk net na die onderwysstandaarde.

At ·

SANRAL se volgende doelstelling is om ‘n kursus aan te bied oor HOE OM JOU IK TE VERHOOG

anita ·

Ons weet dat aanstellings van hierdie aard vriedskap gebonde is of tussen kamerade word dit besleg…IK is nie ter sprake nie, die beslisnemers van so ‘n aanstelling skiet self te kort in IK.

Indien hierdie man moet bedank ontvang hy die ‘n “Kilo” goue handdruk en word twee maande later net weer ontplooi in ‘n ander posisie. Ons moet hande neem oor al die grense heen en saam staan teen hierdie misbruik van ons belastinggeld. DAAR moet geskreeu word dat vir elke van hierdie aanstellinge ,onafhanklike persone ondehoude aan die kandidate toestaan, en nie net tydens ‘n bierfees nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.