Saoedi-Arabië gaan man kruisig

Koning Abdullah

Een van die sewe ter dood-veroordeelde mans wat aan rooftogte op  juwelierswinkels in 2004 en 2005 skuldig bevind is, gaan gekruisig word. Die ander gaan voor ‘n vuurpeloton sterf.

Die doodsvonnisse en die manier waarop hulle tereggestel gaan word, is pas deur koning Abdullah onderteken.

Teregstellings in dié land geskied gewoonlik deur onthoofding.

Sarhan al-Masjajeh, wat as die leier van die groep beskou word, sal drie dae lank gekruisig word. Daar is egter die moontlikheid dat hy voor die kruisiging onthoof sal word.

Menseregte-organisasies is ontstoke, veral omdat die meeste van die veroordeeldes nog kinders was toe die misdade gepleeg is. Hulle kom uit ‘n suidelike streek op wie die res van die land neersien, en gewoonlik veel erger gestraf word as ander burgers. Hul regsproses word as uiters gebrekkig beskou, en het in hul verhoor littekens gewys soos hulle na bewering deur die polisie gemartel is om bekentenisse te maak. Hulle is ook gedreig dat hul familie leed aangedoen sal word.

Die voltrekking van die doodsvonnisse is pas met ‘n week uitgestel.

Hoofbron: Trouw

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.