SAOG vra dat Zim-sanksies opgehef word

Pres. Robert Mugabe van Zimbabwe

Leiers van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) het ʼn beroep gedoen op die internasionale gemeenskap om sanksies teen Zimbabwe op te hef, en voer aan hulle is tevrede dat die afgelope verkiesing, wat president Robert Mugabe in beheer van die land gehou het, “vry en vreedsaam” was.

Malawië se president Joyce Banda, hoof van die SAOG, het oor die naweek tydens ʼn beraad in Malawië se hoofstad, Lilongwe gesê “die mense van Zimbabwe het lank genoeg gesukkel”.

Volgens Zimbabwe se verkiesingskomitee het Mugabe se party die verkiesing op 31 Julie gewen en dat dit “vry en regverdig” was, ten spyte van beweringe van die eerste minister en Mugabe se teenstander, Morgan Tsvangirai, dat daar verskeie onreëlmatighede met die verkiesing was.

Westerse lande, wat deur Mugabe verbied is om verteenwoordigers te stuur om die verkiesing te oorsien, het die verkiesing veroordeel weens die onreëlmatighede. Onafhanklike plaaslike waarnemers het ook gekla oor onreëlmatighede.

Die sanksies plaas ‘n verbod op besigheid met, bankdienste vir en reistoelatings vir Mugabe se party en sy leiers.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.