SAPD-rangstelsel gee wittes nie gelyke geleenthede – Solidariteit

Die vakbond Solidariteit sê hy het ʼn saak van onbillike diskriminasie op grond van ras na die arbeidshof verwys om die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) te dwing om drie polisielede volgens die nuwe rangstelsel te bevorder.

Volgens die vakbond het dié drie polisielede gesamentlik meer as 80 jaar ondervinding. Dirk Groenewald, hoof van Solidariteit se arbeidshofafdeling, sê dit is nog ʼn manier waarop die SAPD met sy regstellendeaksie-plan kwotas volgens die nasionale rassedemografie toepas en ervaring ten koste van dienslewering misken. “Die SAPD het op 20 April 2010 ʼn nuwe rangstelsel bekendgestel waarvolgens twee nuwe range ─ luitenant en majoor ─ ingestel is om adjudant-offisiere en kapteins geleentheid tot bevordering te gee. Die beskikbare poste in die rang van kaptein, luitenant en majoor is volgens ras en geslag in groepe verdeel. Hoewel daar nie bekendgemaak is hoeveel poste aan elke ras- en geslagsgroep toegeken is nie, is dit duidelik dat die SAPD ook hier ʼn wiskundige rassebenadering volg om die poste volgens sy nasionale regstellendeaksie-plan te vul.

Groenewald sê slegs 9% van die beskikbare poste vir luitenant en majoor is aan wit mense toegeken. “Dit het tot gevolg dat wit mense wat danksy die nuwe range aan die minimum vereistes vir bevordering voldoen, nie bevorder kan word nie aangesien die aantal poste wat aan wittes toegeken is, reeds gevul is. Dit, ondanks die feit dat verskeie werknemers van die aangewese groep, met veel minder senioriteit, bevorder is aangesien méér poste aan hulle rasgroep toegeken is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Amanda Scheepers ·

Ja ek word ook benadeel, is nou al sedert 1997 ‘n Kaptein in SAPD (15) jaar, het 26 jaar diens, en beskik oor n Nasionale Polisie Diploma, en raai wie kry bevordering !!!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.