SAPD verwerp aantygings oor “foutiewe misdaadstatistiek”

misdaad

Argieffoto

Die ministerie van polisie het Woensdag kritiek deur die Instituut van Sekerheidstudies (ISS) oor die jongste misdaadstatistiek verwerp.

“Ons verwerp die ISS se argument dat die statistiek nie verteenwoordigend is van die misdaadsituasie in die land nie. Ons volstaan met ons statistiek,” het Zweli Mnisi, woordvoerder van die ministerie, gesê.

Die ISS het gesê die statistiek is foutief weens onakkurate bevolkingstatistiek wat gebruik is om die verandering in misdaadratio’s tussen 2011/12 en 2012/13 te vergelyk. “Ons het die bevolkingsgroei en -ratio van alle misdaadkategorieë nie uit ons duime gesuig nie, aangesien ons die sensusgetalle van Statistiek SA gebruik het,” het Mnisi gesê. “Die polisie sal nie verkeerde statistiek bekend maak nie.”

Gareth Newham, hoof van die misdaad- en justisie-afdeling by ISS, het gesê die misdaadstatistiek wat in September deur die polisie bekend gemaak is, is nie korrek bereken nie. “Die gevolg van die fout is dat dit die omvang van die toename van ernstige en gewelddadige misdaadkategorieë onderbeklemtoon, terwyl kategorieë wat afgeneem het, oorbeklemtoon word,” het Newham gesê. Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Rudie Thirion ·

Die ministerie het seker kritiek deur die ISS verwerp en nie kritici deur die ISS nie.

Sune van Heerden ·

Dagsê Rudie

Dankie, jy is natuurlik heeltemal reg. Ons bring die wysiging aan.

Groetnis

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.