SAPD wil nou na die konstitusionele hof toe oor Renate Barnard

Renate Barnard

Renate Barnard

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) wil nou die Renate Barnard-regstellendeaksiesaak na die konstitusionele hof neem. Hofstukke is Maandag op Solidariteit, wat Barnard verteenwoordig, beteken. Solidariteit sal die SAPD se aansoek om verlof tot appèl teenstaan.

“Solidariteit is verstom oor die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se besluit om sy onwettige rassepraktyke tot in die konstitusionele hof te beveg,” het Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, gesê. Volgens Hermann het die appèlhof in Bloemfontein ʼn uitstekende uitspraak gelewer wat almal se regte gebalanseer het. “Ons kry die indruk dat die SAPD glo dat regstellende aksie wit werknemers soos Barnard se grondwetlike regte tot gelykheid en waardigheid ophef. Indien dit so sou wees, sal regstellende aksie ʼn hoër gesag as die Grondwet self hê. Dit sal beteken dat Suid-Afrika ʼn regstellendeaksiestaat en nie ʼn grondwetlike staat is nie. Ons meen ʼn appèl na die konstitusionele hof is onvanpas. Die SAPD behoort hulle by die uitspraak van die appèlhof te berus.”

Hermann sê die tyd wat dit duur om geregtigheid vir Barnard te kry die grootste onreg is wat hierdeur gepleeg word. “Sy veg nou al 8 jaar vir geregtigheid en ʼn aansoek in die konstitusionele hof gaan hierdie proses net nog verder vertraag. Sy borrel oor van passie om diens aan die Suid-Afrikaanse publiek te lewer en dit is mos duidelik verkeerd as die enigste struikelblok wat in haar pad staan om haar passie uit te leef die kleur van haar vel is.”

Hermann voeg by dat alhoewel Solidariteit, ter wille van Barnard, dink dit is onvanpas om na die konstitusionele hof te gaan, dit goed vir Suid-Afrika sal wees om regsekerheid in die hoogste hof oor hierdie brandpunte te kry.

Die appèlhof in Bloemfontein het in November ten gunste van Solidariteit en Barnard beslis. Die SAPD is gelas om die koste verbonde aan gedingvoering in die arbeidshof, arbeidsappèlhof en die hoogste hof van appèl te betaal, sowel as vergoeding aan Barnard.

Barnard se regstellendeaksiestryd het reeds in 2005 begin. Sy het twee keer vir dieselfde pos aansoek gedoen. Sy is telkens as die beste kandidaat aangewys en die paneel onderhoudvoerders het haar aanstelling aanbeveel. Die pos is egter vakant gelaat. Die pos is ’n derde keer geadverteer, maar is geskrap nadat sy weer daarvoor aansoek gedoen het.

Lees ook:
Nuuskommentaar: Renate Barnard-saak ‘n oorwinning vir rassediskriminasie
Solidariteit wen Renate Barnard-regstelsaak in hoogste hof van appèl
Renate Barnard-regstelsaak aangehoor, uitspraak voorbehou
Renate Barnard-regstelsaak in hoogste hof van appèl aangehoor
Solidariteit wen regstelsaak teen DKD
Nuuskommentaar: Baanbrekerhofsaak teen regstellende aksie
Polisie besluit of hulle teen interdik gaan appelleer
Solidariteit stuit SAPD se regstelplan in hof
Hofuitspraak baan die weg teen regstellendeaksiesake
Regstellendeaksiesaak na hoogste hof van appèl
Barnard-saak beslis tussen FW en ANC
Solidariteit en SAPD se regstelsaak uitgestel
Polisie het 70 oop poste weens regstellende aksie
Vakbond doen beroep om polisievrou te ondersteun
Nuuskommentaar: Regstellende aksie nou na grondwethof
Vakbond gaan konstitusionele hof toe met Barnard-saak
Uitspraak in SAPD-regstelsaak
Uitspraak in SAPD-regstelaksiesaak Vrydag gelewer

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Grobbie ·

Renate, AS julle die saak gaan wen (wat ek glo julle behoort te wen), gaan die SAPD in elk geval jou lewe by die werk so ondraaglik maak, dat dit vir jou onuithoudbaar gaan word.
Ons weet mos teen hierdie tyd hoe hierdie land se regstelsel werk. Ons blankes is nie geregtig op ENIGE voordele nie, want dan bly ons “bevoorreg”.
Hulle sal liewer kripeer van ellende, solank die blankes net nie enige voordeel trek nie.

Demokraat ·

Dit kon so anders wees in Suid-Afrika as die regering meer menslik, billik en eerlik gehandel het. Dit was sekerlik tog nooit die bedoeling met regstellende aksie dat die blankes vir ewig verkleineer en verdelg moes word nie. Een of ander tyd moet dit tog uitfasseer.

Regeringsoptrede en sy hardnekkige teëstribbeling selfs nadat die hoogste hof uitspraak gegee het, is ‘n teken dat hy geensins daarin belangstel om versoening te laat slaag nie – inteendeel sy optrede wakker net meer haat aan. Quo Vadis ANC-regering ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.