SAPS red 50-jaaroue skilpad tydens dwelmklopjag in JHB

Die Valke het Saterdag ʼn 50-jaaroue skilpad tydens ʼn klopjag van dagga ter waarde van ongeveer R36 miljoen in Johannesburg opgespoor en gered.

Die Valke het Saterdag beslag gelê op hash (dagga) ter waarde van ongeveer R36 miljoen by ʼn stoor in Tulisapark aan die suide van Johannesburg. Niemand is nog in verband hiermee in hegtenis geneem nie. Volgens die SAPS is die dwelmmiddels in hondekos, koffie-, en tabakverpakking opgespoor.

Die hasj wat opgespoor is Foto: Dennis Adriao, SAPS

ʼn 50-jaaroue skilpad is ook opgespoor en die DBV is ontbied om die skilpad in hul beskerming te neem. Kaptein Dennis Adriao, woordvoerder vir die polisie, sê die Valke het die stoor na weke van intensiewe ondersoek opgespoor. Die gesuiwerde cannabis is glo bestem vir die internasionale mark. “Die ondersoek duur voort en ons hoop dat die Valke binnekort iemand in hegtenis kan neem,” het Adriao gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.