Saru en Supersport moet in parlement verskyn oor volkslied-fiasko

Die hoofsanger van die groep Just Jinjer, Ard Matthews. Foto: Facebook

Die parlementêre portefeuljekomitee vir sport het gelas dat die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) en Supersport voor die komitee moet verskyn nadat die volkslied Dinsdagaand opgemors is tydens die aankondiging van die Springbokgroep vir die wêreldbekertoernooi.

Die hoofsanger van die groep Just Jinjer, Ard Matthews, het sommige van die woorde van die volkslied vergeet. Die komitee sê hy is nie beïndruk met die voorval wat deur die hele nasie gesien is nie. Die komitee sê die vernederende voorval het plaasgevind terwyl die Springbokke se oorwinning oor Nieu-Seeland verlede naweek in Port Elizabeth moes gevier word. Saru en Supersport sal tydens die komitee se volgende sitting moet kom verduidelik wat gebeur het en hoe soortgelyke insidente in die toekoms vermy gaan word. Matthews en Supersport het vroeër om verskoning gevra vir die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.