Sasolburg-betogings: Polisie aangeval

Twee polisiebeamptes is Maandag beseer tydens ʼn gewelddadige betoging in Sasolburg in die Vrystaat.

“Die situasie in die Zamdela informele nedersetting is baie gespanne. Die twee beamptes is deur ʼn groep ontstoke inwoners aangeval,” het konst. Peter Kareli, ʼn polisiewoordvoerder, gesê.

Die betoging het Sondag omstreeks 09:30 begin na ‘n vergadering oor die beplande samesmelting van die Metsimaholo- en Ngwathe-munisipaliteit. Die inwoners is glo ongelukkig oor die owerheid se planne om Sasolburg onder die Ngwathe-munisipaliteit te laat val.

Die betogers het klippe gegooi en paaie versper. Die twee beseerde beamptes was in die gebied in ʼn Njala-pantservoertuig wat in modder vasgesit het.

Die polisie moes van waterkanonne en rubberkoeëls gebruik maak om die situasie te beredder.

Sommige skole in Sasolburg is ook vroeër vandag gesluit en leerlinge huis toe gestuur. Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.