Sasolburg: Polisie plunder glo saam

Die polisie het ʼn beroep op Sasolburg-inwoners gedoen om na vore te kom as hulle inligting het wat kan bewys dat sommige polisiebeamptes ook tydens vandeesweek se Zamdela-onluste winkels geplunder het.

Inwoners van Zamdela het aan verslaggewers gesê hulle het gesien hoe polisiebeamptes tydens die chaos items uit ʼn Chinese-winkel gevat het. “As ek ʼn selfoon gehad het, sou ek ʼn foto geneem het,” het ʼn inwoner gesê.

Kol. Motantsi Makhele het Donderdag die publiek versoek dat enigiemand met bewyse die polisie moet kontak sodat dié beweringe ondersoek kan word en daar teen die beamptes opgetree kan word, sou dit waar wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.