‘n Man wat aan ‘n sataniese ritueel deelgeneem het, wou glo meer mag gehad het nadat hulle Kirsty Theologo “geoffer” het, het die Johannesburgse hooggeregshof Donderdag in Palm Ridge aangehoor.
Linden Wagner, die vermeende meesterbrein agter die voorval, het aan die hof gesê hy was onseker wat die ander deelnemers gesoek het. Hy sê hy het aan een van sy mede-beskuldigdes, Courtney Daniels, verduidelik waaroor “die verkoop van ‘n siel” handel, net nadat sy uitgenooi is om aan die ritueel deel te neem. “Ek het verduidelik dat, sodra jy jou siel verkoop, jy iets in ruil daarvoor kry. Ek het gesê dat sodra jy ‘n koue persoon sal word. Jy kan nie glimlag of liefhê nie. Jy het geen emosies nie,” het Wagner getuig.
Daniels het kop onderstebo gesit terwyl Wagner getuig het. Sy het nooit kontak gemaak met enige van haar mede-beskuldigdes deur die verloop van die hofverrigtinge nie. Die ander het saam gesit en met mekaar gesels wanneer die hof verdaag het. Dit wil nie voorkom of enige van die beskuldigdes se familielede in die hof was nie.
Hulle word beskuldig van die moord op Theologo (18) in Oktober 2011 op ‘n koppie in Linmeyer, Johannesburg, en van poging tot moord op haar toe 14-jarige vriendin. Die twee meisies is aangerand en aan die brand gesteek nadat petrol oor hulle uitgegooi is. Theologo het ‘n week later in die hospitaal aan haar beserings beswyk. Haar vriendin het die voorval oorleef.
Wagner sê hy was bewus van dit wat hy besig was om te doen, maar dat hy geen beheer oor homself gehad het nie. Wagner, Daniels, Harvey Isha en Robin Harwood het onskuldig gepleit op alle aanklagte.
Twee ander beskuldigdes, Jeremy King en Lester Moody het skuldig gepleit op die misdaad en is elk tot 17 jaar tronkstraf gevonnis waarvan vyf jaar opgeskort is.
Die hofsaak duur Vrydag voort.
Lees ook:
‘Sataniese ritueel’: Getuienis bevraagteken
‘Sataniese ritueel’: Theologo se saak uitgestel
‘Sataniese ritueel’: Kirsty is twee keer gewurg
‘Sataniese ritueel’: Theologo se aanvaller getuig
‘Sataniese ritueel’: “Ek is nie die dier nie”
‘Sataniese ritueel’: Meisie wis glo niks van moordplanne
‘Sataniese ritueel’: Getuienis bevraagteken
‘Sataniese ritueel’: Slagoffer is “braaivleis” genoem
‘Sataniese ritueel’: Kirsty was glo “prostituut” van die Bybel
‘Sataniese ritueel’: Bloed op ‘n brandende Bybel gestort
‘Sataniese ritueel’: Skokkende onthullings
‘Sataniese ritueel’: Slagoffer wou letsels in hof wys
‘Sataniese ritueel’: Kirsty wou glo geoffer word
‘Sataniese ritueel’: Ma’s, slagoffer se broer getuig
‘Sataniese ritueel’: Slagoffer se ma getuig
‘Sataniese ritueel’: Moordsaak hervat
Borgaansoek vir twee verdagtes in sataniese ritueelsaak
Meisie (18) aan die brand gesteek tydens ‘sataniese ritueel’
Die dwelms is die groot oorsaak. Mense het nog altyd gemoor in die naam van God/Allah. Of dit nou Christene (die Crusades, die heksejag etc.) of Muslims (9/11 etc.) is. Die groot sondaar hier is dwelms.
Barend skrik wakker. Dit is Sataniste nie Christene. Christene leef in liefde en vrede. Jy val uit die bus uit
Waarskynlik is jou mening van dwelms waar, maar hierdie is definitief net satanisties nie Christelik nie. Luister na die Boer, ‘n ware Christen leef in liefde en vrede, die goed wat die kruistogte onderneem het was maar net ‘n klomp wolwe in skaapsklere, meer behep met rykdom en roem as evangelisering. Heksejagte is aangeblaas deur bygelowigheid, iets wat nie by ware gelowiges te vinde is nie.
Barend in hierdie geval was dit SATAN !
Die duiwel is lustig.