Lees jy graag Maroela Media? Ondersteun ons met ʼn vrywillige finansiële bydrae.skenk nou
  • 9-3-2021
  • Kontak ons
Maroela Media
Nuus
9 Maart 2021
Kieslys 
  • Nuus
    • Alle nuus
    • SA nuus
    • Wêreldnuus
    • Geldsake
    • Nuuskommentaar
    • In diepte
    • Grondhervorming
    • Plaasaanvalle
    • Koronavirus
      • Spoorsnyer deur leeus verskeur
      • Boer (70) op plaas vermoor, aan voertuig vasgebind
      • Covid-19-statistieke: Minder as 30 000 aktiewe gevalle
      • ANC se topses vergader met Zuma
      • MRK kry klagtes oor NSFAS
  • Sport
    • Alle sportnuus
    • Rugby
    • Krieket
    • Gholf
    • Atletiek
      • ’n Rekord vir 21-jarige Wolvaardt
      • Federer weer terug op die baan
      • Beseringspook loop weer by Marcell Coetzee
      • Kiwi’s, Conway klap Aussies
      • Branden vuurwarm in Arnold Palmer-toernooi
  • Landbou
    • Alle landbou
    • Landbounuus
    • Landboupromosies
    • Landboutegnologie
    • Produksie
      • Entstof vir snotsiekte binnekort ‘n werklikheid
      • plaas-polisie-veld ‘Polisiebeamptes’ gevonnis ná plaasaanval
      • grondhervorming Departement se ywer met afsetting van boere ‘skokkend’
      • Landboudepartement swyg glo oor ‘korrupsie’
      • Rekords spat op sybokhaarveiling
  • Debat
    • Alle debatte
    • Rubrieke
    • Redakteursbrief
    • Meningsvormers
    • Só sê die lesers
    • Nuuskommentaar
      • Meer buitelandse investering noodsaaklik vir SA
      • VSA verbod op hidrobreking luide waarskuwing vir SA, ander lande
      • Internasionale oorsig: Is Merkel en haar party in die moeilikheid?
      • Internasionale oorsig: Wat is Biden se strategie met Iran?
      • Kerklike integriteit
  • Kos
    • Alle kos
    • Drinkgoed
    • Gebak
    • Vleis en seekos
    • Soetgoed
    • Stuur jou familieresep
    • Resepteboeke
    • Hap-video’s
    • Vinnige resep-video’s
      • Resep: Ouma Hentie se Hotom
      • Texas spog met sy eie SA kombuis
      • Resep-video: Ontbyt in ’n koppie
      • Annelien se kombuis: Kersie-biscotti
      • Resep: Marokkaanse varksosaties
  • Afrikaans
    • Alle afrikaans
    • Boeke
    • Gedigte
    • Idiome & uitdrukkings
    • Taalgebruik
    • Interessante woorde
    • Boek van die maand
      • Tjoppie-boeke: Die muskiet, Tjoppie se verjaardag
      • Woord: plets
      • Luister: Vyf wenke vir ʼn ligter lewensreis
      • Luister: #HoeNou?!
      • Boek: Tomas Tranströmer nou in Afrikaans
  • Vreemd
    • Alle vreemdhede
      • Klant bestel ‘obsene burger’ met 50 ekstra snytjies kaas
      • Kuiken vir wêreld se oudste wilde voël
      • Kritiek oor paartjie se ‘gulsige’ troukaartjie
      • ‘Pa’ in hulle WhatsApp-groep is toe eintlik ʼn vreemdeling
      • Grappies loop steeds oor PE se nuwe naam
  • Goeie goed
    • Alle goeie goed
    • Goeie nuus
    • ToekomsVenster
      • Hospitaalpersoneel kry omgeegeskenkies
      • Hoërskool Centurion spog met top-matriekuitslae
      • Adam Tas gee lewe aan nuwe Voortrekkerlied
      • Texas spog met sy eie SA kombuis
      • Vou jou hartseer in ’n blokkieskombers toe  
  • Leefstyl
    • Alle leefstyl
    • Gesondheid
    • Mense
    • Motors
    • Ouerskap
    • Reis
    • Só maak mens
    • Stiltetyd
    • Tegnologie
    • Tuin
    • Voorkoms
      • man_alleen_stiltetyd.jpg Gedagte vir die dag: Volslae mislukking
      • Vrou_koffie_stiltetyd_pixabay.jpg Gedagte vir die dag: Oorgeërf of self verwerf?
      • Eendag lank gelede, aan die rand van die Knysnawoud
      • Texas spog met sy eie SA kombuis
      • Vou jou hartseer in ’n blokkieskombers toe  
  • Vermaak
    • Alle vermaak
    • Flieks
    • Musiek
    • Doen-dinge
    • Top 20
    • Bekendes
    • Teater
    • Televisie
      • Adam Tas gee lewe aan nuwe Voortrekkerlied
      • Fiësta-toekennings: Jong kunstenaars, legendes vereer
      • Harry, Meghan se onderhoud: Selfdoodgedagtes, rassisme geopper
      • Foto’s: Fiëstas vereer drie legendes
      • Donasies stroom in vir Steinway-pianis se stemtoerusting
  • Radio
    • Alle radionuus
    • Uitsaaitye
    • Radiodramas
    • Podsendings
    • Briekaandraai
      • Luister: Vyf wenke vir ʼn ligter lewensreis
      • ToekomsVenster: Ek vertrou nie
      • ToekomsVenster: Woorde wat kwes
      • Podlitiek: Vlak een, belastingbetalers ween en entstoftog kry privaat steun
      • ToekomsVenster: Ons sal self
  • Kontak
    • stuur jou nuuswenk
    • stuur ‘n boodskap
    • nuusbriewe
    • ondersteun ons
    • adverteer
    • maroela-studiefonds
    • maroela op jou slimfoon
    • telegram-nuusflitse
    • kompetisies
    • winkel

‘Sataniese ritueel’: “Ek is nie die dier nie”

 30 April 2013
  Suné van Heerden

Hoe wil jy die artikel deel?

  • facebook
  • twitter
  • pinterest
  • whatsapp
  • e-pos

Lester Moody (19) Foto: Werner Beukes/SAPA

Lester Moody, wat erken het dat hy twee tienermeisies tydens ‘n beweerde sataniese ritueel aan die brand gesteek het, het glo geen aspirasies gehad om ‘n einde aan die wêreld te bring nie.

“Die dier sou ‘n einde aan die wêreld bring… Ek is nie die dier nie, ek het gedink ek is een van die horings,” het Moody Dinsdag onder kruisverhoor aan die hooggeregshofsitting in die Palm Ridge-landdroshof Dinsdag gesê.

Moody getuig tans teen Harvey Isha, Robin Harwood, Lindon Wagner en Courtney Daniels wat daarvan beskuldig word dat hulle Theologo en haar vriendin op 21 Oktober op ‘n koppie in die suide van Johannesburg aan die brand gesteek het nadat hulle petrol oor hulle uitgegooi het. Die vier beskuldigdes het onskuldig gepleit op aanklag van moord, poging tot moord, en aanranding met die doel om ernstige liggaamlike skade aan te rig.

Moody en Jeremy King het ‘n pleitooreenkoms met die staat aangegaan in ‘n poging om ‘n korter vonnis opgelê te word indien hulle teen die beskuldigdes sou getuig. Hulle is elk tot 17 jaar tronkstraf, waarvan vyf jaar opgeskort is, gevonnis.

Theologo, wat ten tye van die voorval 18 jaar oud was, het later in die hospitaal aan haar beserings beswyk. Haar 14-jarige vriendin het die voorval oorleef.

Lydia van Niekerk, vir Wagner, het Moody gevra of hy onthou dat hy ‘n grap gemaak het om mense te beheer deur simkaarte in hul lywe in te plant. Sy sê Wagner sal aan die hof getuig dat Moody gereeld oor satanisme en die “verkoop van mens se siel” gepraat het, en gesê het dat hy die dier is waarvan daar in Openbaring 17 gepraat word.

Moody sê buiten dat hy na ondergrondse kletsrymmusiek luister en riller-rolprente kyk, weet hy niks van die okkulte af nie. Hy het getuig dat die ritueel aanvanklik op ‘n teksvers uit die Bybel gebaseer is wat na die “groot prostituut” verwys. Hy was eers verwar deur die vers, maar toe Theologo gedeeltes daarvan opgesê het, het hy gedink sy is die prostituut wat geoffer moet word. Hy het ook gedink dat sy dalk, onwetend, deur die teks inspireer is om die prostituut te wees. ‘n Speletjie het later bevestig sy is die prostituut.

Moody sê Theologo se moord was ‘n ernstige saak vir hom toe sy vir hom en die beskuldigdes gesê het dat hulle haar kaal moet uittrek, haar vlees moet eet en haar bloed moet drink.

Die teks lui soos volg: “En die tien horings wat jy op die dier gesien het, hulle sal die hoer haat en haar verlate maak en naak, en haar vlees eet en haar met vuur verbrand. Want God het dit in hulle harte gegee om sy bedoeling uit te voer en een bedoeling uit te voer, en hulle heerskappy aan die dier te gee totdat die woorde van God volbring is.”

Moody sê hy was een van die 10 horings, maar het nie gedink dat God of die geeste hom spesiaal bevind het om die vers aan hom te openbaar nie. Hy het aan die hof gesê dat Wagner ook Theologo se moord ernstig opgeneem het. Toe Van Niekerk vir hom vra hoe hy dit weet, het hy gesê Wagner se dade het bewys dat hy geglo het in die uitvoering van die ritueel. “Deur die meisies aan te rand en hulle aan die brand te steek het hy bewys dat hy in die ritueel glo,” het Moody gesê. “Maar dit was asof iets hom beheer.”

Van Niekerk het hom versoek om hierop uit te brei.

Moody sê hy kon nie Wagner se toestand presies beskryf nie, maar dat dit was asof ‘n gees hom beheer. Van Niekerk sê Wagner sal getuig dat hy nie in beheer was van sy eie dade nie. Hy erken glo dat hy die meisies gewurg en aan die brand gesteek het, maar hou vol dat hy nie in daardie stadium in beheer was van sy eie wil nie.

Moody het Dinsdag bygevoeg die ritueel is “swak beplan”. Hy sê die groep het nie vooraf in besonderhede bespreek wat elke individu tydens die ritueel sou doen nie. Om Kirsty Theologo, die beplande moordslagoffer, by die vergadering te hê, was nóg ‘n fout, het Moody gesê.

Moody het gesê Wagner het die dag voor die ritueel ‘n vergadering belê. Op die vraag wie Theologo aan die brand sou steek en hoe dit gedoen sou word, het Moody gesê dit is nooit bespreek nie. Om die meisies te wurg voordat hulle aan die brand gesteek is, was glo ook nie deel van die plan nie.

Moody het verlede week getuig dat die groep ooreengekom het wie wat sou bring om die ritueel uit te voer. Hy sê hy moes remvloeistof bring. Hy het later aan die hof gesê hy en die beskuldigdes is aangesê om saam te bring wat hulle kon.

Die verhoor is tot Donderdag uitgestel wanneer King vermoedelik sal getuig.

Regter Geraldine Borchers het versoek dat King en Moody tydens die verhoor in aparte selle geplaas sal word. Die regspanne het beswaar aangeteken dat die twee moontlik die hofverrigtinge kon bespreek.

Lees ook:
‘Sataniese ritueel’: Meisie wis glo niks van moordplanne
Sataniese ritueel: Getuienis bevraagteken
‘Sataniese ritueel’: Slagoffer is “braaivleis” genoem
‘Sataniese ritueel’: Kirsty was glo “prostituut” van die Bybel
‘Sataniese ritueel’: Bloed op ‘n brandende Bybel gestort
Sataniese ritueel: Skokkende onthullings
Sataniese ritueel: Slagoffer wou letsels in hof wys
Sataniese ritueel: Kirsty wou glo geoffer word
‘Sataniese ritueel’: Ma’s, slagoffer se broer getuig
‘Sataniese ritueel’: Slagoffer se ma getuig
‘Sataniese ritueel’: Moordsaak hervat
Borgaansoek vir twee verdagtes in sataniese ritueelsaak
Meisie (18) aan die brand gesteek tydens ‘sataniese ritueel’

Deel van: Nuus, SA-nuus
 Johannesburg Kirsty Theologo ritueel satanies

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

vorige artikel

Dag 5: Solidariteit vs die DKD

volgende artikel

‘Modimolle-monster’ en Ina het glo ‘ooreenkoms’ gehad

Het jy gehoor?

Resep: Ouma Hentie se Hotom

Klant bestel ‘obsene burger’ met 50 ekstra snytjies kaas

Entstof vir snotsiekte binnekort ‘n werklikheid

Hoërskool Centurion spog met top-matriekuitslae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Skepties

Freaky sh!t die !

Jy moet ingeteken wees om te stem00Jy moet ingeteken wees om te stem
7 jaar gelede

Peiling

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuus oor die koronavirus

Sien ook die regering se amptelike webwerf by sacoronavirus.co.za

Neutedop-nuusbrief

Ontvang die afgelope 24 uur se nuus in jou e-posbus, gratis!
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Video

  • Video: Hoofmeisie se boodskap raak duisende harte
  • Tuis
  • Nuus
  • Debat
  • Sport
  • Kos
  • Afrikaans
  • Vreemdhede
  • Goeie goed
  • Leefstyl
  • Tegnologie
  • Vermaak
  • Radio
  • Kontak ons
  • Stuur jou nuuswenk
  • Maroela op jou slimfoon
  • Nuusbriewe
  • Nuusflitse op Telegram
  • Kompetisies
  • Oor ons
  • Ondersteun ons
  • Adverteer
  • Maroela-studiefonds
  • Werk vir Maroela
Maroela Media is ʼn Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela-gemeenskap wil wees. Maroela Media se Christelike karakter is die kern van ons redaksionele beleid. Die beste van alles? Dis gratis!
IAB

Maroela Media is deel van die Solidariteit Beweging. Bepalings en voorwaardes geld. © 2011 - 2021 Maroela Media.

  • Tuis
  • Nuus
  • Sport
  • Geldsake
  • Landbou
  • Debat
  • Kos
  • Afrikaans
  • Goeie goed
  • Leefstyl
  • Vreemdhede
  • Vermaak
  • Radio
  • Koronavirus
  • Weer
  • Winkel
  • Ondersteun ons
  • Oor ons
  • Kontak ons