Lees jy graag Maroela Media? Ondersteun ons met ʼn vrywillige finansiële bydrae.skenk nou
  • 7-3-2021
  • Kontak ons
  • Teken in Word deel
Maroela Media
Nuus
7 Maart 2021
Kieslys 
  • Nuus
    • Alle nuus
    • SA nuus
    • Wêreldnuus
    • Geldsake
    • Nuuskommentaar
    • In diepte
    • Grondhervorming
    • Plaasaanvalle
    • Koronavirus
      • Parlement kap terug oor EFF se afleggingsbewerings
      • Maats probeer vergeefs tiener se lewe red
      • Dokter in boeie ná sy glo vir metro wegjaag
      • Kuier in Nagkantoor: Die tragedie van die ‘SAS Pres. Kruger’
      • Mondelinge voorleggings voor komitee oor onteiening nou moontlik
  • Sport
    • Alle sportnuus
    • Rugby
    • Krieket
    • Gholf
    • Atletiek
      • Faf, Lood weer ysters
      • Bezuidenhout hou deur oop by Arnold Palmer-toernooi
      • Hardebaard Elgar vat toetsleisels vas
      • Tekkies en Toks vir ons kinders se toekoms
      • Bavuma sien uit na kapteinskap
  • Landbou
    • Alle landbou
    • Landbounuus
    • Landboupromosies
    • Landboutegnologie
    • Produksie
      • Landboudepartement swyg glo oor ‘korrupsie’
      • Rekords spat op sybokhaarveiling
      • Franse boere ruk op oor hoë selfmoordsyfer
      • Boer ‘stabiel’ ná Kirkwood-aanval
      • Man beken skuld op Normandien-plaasmoorde
  • Debat
    • Alle debatte
    • Rubrieke
    • Redakteursbrief
    • Meningsvormers
    • Só sê die lesers
    • Nuuskommentaar
      • Internasionale oorsig: Wat is Biden se strategie met Iran?
      • Kerklike integriteit
      • #JongStemme: ’n Jakkals wat slaap, tel hoenders in sy drome
      • Tekkies en Toks vir ons kinders se toekoms
      • Soms moet mens jouself met ander vergelyk
  • Kos
    • Alle kos
    • Drinkgoed
    • Gebak
    • Vleis en seekos
    • Soetgoed
    • Stuur jou familieresep
    • Resepteboeke
    • Hap-video’s
    • Vinnige resep-video’s
      • Resep-video: Ontbyt in ’n koppie
      • Annelien se kombuis: Kersie-biscotti
      • Resep: Marokkaanse varksosaties
      • Resep: Bessie-en-sitrusstroopkoek
      • Resep: Klassieke croissants
  • Afrikaans
    • Alle afrikaans
    • Boeke
    • Gedigte
    • Idiome & uitdrukkings
    • Taalgebruik
    • Interessante woorde
    • Boek van die maand
      • Luister: #HoeNou?!
      • Boek: Tomas Tranströmer nou in Afrikaans
      • Taalgebruik: Te kus en te keur
      • Boek: ‘Stillewe’ – Marie Spruyt
      • Taalgebruik: belofte, gelofte
  • Vreemd
    • Alle vreemdhede
      • Kritiek oor paartjie se ‘gulsige’ troukaartjie
      • ‘Pa’ in hulle WhatsApp-groep is toe eintlik ʼn vreemdeling
      • Grappies loop steeds oor PE se nuwe naam
      • Die kat kom weer … 15 jaar later!
      • Chirurg daag midde operasie op vir Zoom-hofsaak
  • Goeie goed
    • Alle goeie goed
    • Goeie nuus
    • ToekomsVenster
      • Video: Hoofmeisie se boodskap raak duisende harte
      • Helpende Hand help mense om weer te hoor
      • Tekkies en Toks vir ons kinders se toekoms
      • ’n Eeu van Afrikaanse onderrig by Pta-skool
      • Alle grappies op ’n stokkie: SA humor is goud werd
  • Leefstyl
    • Alle leefstyl
    • Gesondheid
    • Mense
    • Motors
    • Ouerskap
    • Reis
    • Só maak mens
    • Stiltetyd
    • Tegnologie
    • Tuin
    • Voorkoms
      • Kweek gewoontes wat jou immuniteit bou
      • hardloop_sonsopkoms_natuur_stiltetyd_pixabay.jpg Gedagte vir die dag: Selfversekerd
      • Zanzibar waarsku oor kaalbasbesoekers
      • Perdekrag: Episode 2
      • ToekomsVenster: Ek vertrou nie
  • Vermaak
    • Alle vermaak
    • Flieks
    • Musiek
    • Doen-dinge
    • Top 20
    • Bekendes
    • Teater
    • Televisie
      • Donasies stroom in vir Steinway-pianis se stemtoerusting
      • Drama wink in Ruiterbosch
      • Bekroonde Karoo-fliek nou op BoxOffice
      • Video: Inspirasie van Spanje, strande en ’n vreemdeling
      • Geen ondersoek oor prinses Diana-onderhoud, sê polisie
  • Radio
    • Alle radionuus
    • Uitsaaitye
    • Radiodramas
    • Podsendings
    • Briekaandraai
      • ToekomsVenster: Ek vertrou nie
      • ToekomsVenster: Woorde wat kwes
      • Podlitiek: Vlak een, belastingbetalers ween en entstoftog kry privaat steun
      • ToekomsVenster: Ons sal self
      • Wiele2Wiele kry Jan Alleman se indrukke van die Brezza, Caravelle
  • Kontak
    • stuur jou nuuswenk
    • stuur ‘n boodskap
    • nuusbriewe
    • ondersteun ons
    • adverteer
    • maroela-studiefonds
    • maroela op jou slimfoon
    • telegram-nuusflitse
    • kompetisies
    • winkel

‘Sataniese ritueel’: “Ek is nie die dier nie”

 30 April 2013
  Suné van Heerden

Hoe wil jy die artikel deel?

  • facebook
  • twitter
  • pinterest
  • whatsapp
  • e-pos

Lester Moody (19) Foto: Werner Beukes/SAPA

Lester Moody, wat erken het dat hy twee tienermeisies tydens ‘n beweerde sataniese ritueel aan die brand gesteek het, het glo geen aspirasies gehad om ‘n einde aan die wêreld te bring nie.

“Die dier sou ‘n einde aan die wêreld bring… Ek is nie die dier nie, ek het gedink ek is een van die horings,” het Moody Dinsdag onder kruisverhoor aan die hooggeregshofsitting in die Palm Ridge-landdroshof Dinsdag gesê.

Moody getuig tans teen Harvey Isha, Robin Harwood, Lindon Wagner en Courtney Daniels wat daarvan beskuldig word dat hulle Theologo en haar vriendin op 21 Oktober op ‘n koppie in die suide van Johannesburg aan die brand gesteek het nadat hulle petrol oor hulle uitgegooi het. Die vier beskuldigdes het onskuldig gepleit op aanklag van moord, poging tot moord, en aanranding met die doel om ernstige liggaamlike skade aan te rig.

Moody en Jeremy King het ‘n pleitooreenkoms met die staat aangegaan in ‘n poging om ‘n korter vonnis opgelê te word indien hulle teen die beskuldigdes sou getuig. Hulle is elk tot 17 jaar tronkstraf, waarvan vyf jaar opgeskort is, gevonnis.

Theologo, wat ten tye van die voorval 18 jaar oud was, het later in die hospitaal aan haar beserings beswyk. Haar 14-jarige vriendin het die voorval oorleef.

Lydia van Niekerk, vir Wagner, het Moody gevra of hy onthou dat hy ‘n grap gemaak het om mense te beheer deur simkaarte in hul lywe in te plant. Sy sê Wagner sal aan die hof getuig dat Moody gereeld oor satanisme en die “verkoop van mens se siel” gepraat het, en gesê het dat hy die dier is waarvan daar in Openbaring 17 gepraat word.

Moody sê buiten dat hy na ondergrondse kletsrymmusiek luister en riller-rolprente kyk, weet hy niks van die okkulte af nie. Hy het getuig dat die ritueel aanvanklik op ‘n teksvers uit die Bybel gebaseer is wat na die “groot prostituut” verwys. Hy was eers verwar deur die vers, maar toe Theologo gedeeltes daarvan opgesê het, het hy gedink sy is die prostituut wat geoffer moet word. Hy het ook gedink dat sy dalk, onwetend, deur die teks inspireer is om die prostituut te wees. ‘n Speletjie het later bevestig sy is die prostituut.

Moody sê Theologo se moord was ‘n ernstige saak vir hom toe sy vir hom en die beskuldigdes gesê het dat hulle haar kaal moet uittrek, haar vlees moet eet en haar bloed moet drink.

Die teks lui soos volg: “En die tien horings wat jy op die dier gesien het, hulle sal die hoer haat en haar verlate maak en naak, en haar vlees eet en haar met vuur verbrand. Want God het dit in hulle harte gegee om sy bedoeling uit te voer en een bedoeling uit te voer, en hulle heerskappy aan die dier te gee totdat die woorde van God volbring is.”

Moody sê hy was een van die 10 horings, maar het nie gedink dat God of die geeste hom spesiaal bevind het om die vers aan hom te openbaar nie. Hy het aan die hof gesê dat Wagner ook Theologo se moord ernstig opgeneem het. Toe Van Niekerk vir hom vra hoe hy dit weet, het hy gesê Wagner se dade het bewys dat hy geglo het in die uitvoering van die ritueel. “Deur die meisies aan te rand en hulle aan die brand te steek het hy bewys dat hy in die ritueel glo,” het Moody gesê. “Maar dit was asof iets hom beheer.”

Van Niekerk het hom versoek om hierop uit te brei.

Moody sê hy kon nie Wagner se toestand presies beskryf nie, maar dat dit was asof ‘n gees hom beheer. Van Niekerk sê Wagner sal getuig dat hy nie in beheer was van sy eie dade nie. Hy erken glo dat hy die meisies gewurg en aan die brand gesteek het, maar hou vol dat hy nie in daardie stadium in beheer was van sy eie wil nie.

Moody het Dinsdag bygevoeg die ritueel is “swak beplan”. Hy sê die groep het nie vooraf in besonderhede bespreek wat elke individu tydens die ritueel sou doen nie. Om Kirsty Theologo, die beplande moordslagoffer, by die vergadering te hê, was nóg ‘n fout, het Moody gesê.

Moody het gesê Wagner het die dag voor die ritueel ‘n vergadering belê. Op die vraag wie Theologo aan die brand sou steek en hoe dit gedoen sou word, het Moody gesê dit is nooit bespreek nie. Om die meisies te wurg voordat hulle aan die brand gesteek is, was glo ook nie deel van die plan nie.

Moody het verlede week getuig dat die groep ooreengekom het wie wat sou bring om die ritueel uit te voer. Hy sê hy moes remvloeistof bring. Hy het later aan die hof gesê hy en die beskuldigdes is aangesê om saam te bring wat hulle kon.

Die verhoor is tot Donderdag uitgestel wanneer King vermoedelik sal getuig.

Regter Geraldine Borchers het versoek dat King en Moody tydens die verhoor in aparte selle geplaas sal word. Die regspanne het beswaar aangeteken dat die twee moontlik die hofverrigtinge kon bespreek.

Lees ook:
‘Sataniese ritueel’: Meisie wis glo niks van moordplanne
Sataniese ritueel: Getuienis bevraagteken
‘Sataniese ritueel’: Slagoffer is “braaivleis” genoem
‘Sataniese ritueel’: Kirsty was glo “prostituut” van die Bybel
‘Sataniese ritueel’: Bloed op ‘n brandende Bybel gestort
Sataniese ritueel: Skokkende onthullings
Sataniese ritueel: Slagoffer wou letsels in hof wys
Sataniese ritueel: Kirsty wou glo geoffer word
‘Sataniese ritueel’: Ma’s, slagoffer se broer getuig
‘Sataniese ritueel’: Slagoffer se ma getuig
‘Sataniese ritueel’: Moordsaak hervat
Borgaansoek vir twee verdagtes in sataniese ritueelsaak
Meisie (18) aan die brand gesteek tydens ‘sataniese ritueel’

Deel van: Nuus, SA-nuus
 Johannesburg Kirsty Theologo ritueel satanies

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

vorige artikel

Dag 5: Solidariteit vs die DKD

volgende artikel

‘Modimolle-monster’ en Ina het glo ‘ooreenkoms’ gehad

Het jy gehoor?

Gedagte vir die dag: Selfversekerd

Faf, Lood weer ysters

Bezuidenhout hou deur oop by Arnold Palmer-toernooi

Kweek gewoontes wat jou immuniteit bou

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Skepties

Freaky sh!t die !

Jy moet ingeteken wees om te stem00Jy moet ingeteken wees om te stem
7 jaar gelede

Teken In

Jou wagwoord vergeet?

Herstel jou wagwoord

Oeps! Het jy jou Maroela-fontein-wagwoord verloor? Geen probleem! Ons kan vir jou ’n skakel na jou e-pos toe stuur. Klik bloot op die skakel in daardie e-pos om ’n nuwe wagwoord te kies.

Ons weet jy verlang reeds na ons almal in Maroela-fontein.

Kanselleer

Word deel van Maroela-fontein

Registreer op die webwerf

Jou wagwoord is per e-pos aan jou gestuur. Kanselleer

Word deelTeken in

Peiling

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuus oor die koronavirus

Sien ook die regering se amptelike webwerf by sacoronavirus.co.za

Neutedop-nuusbrief

Ontvang die afgelope 24 uur se nuus in jou e-posbus, gratis!
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Video

  • Video: Hoofmeisie se boodskap raak duisende harte

Nou pra' jy

  • Internasionale oorsig: Wat is Biden se strategie met Iran?
  • Kerklike integriteit
  • #JongStemme: ’n Jakkals wat slaap, tel hoenders in sy drome
  • Tuis
  • Nuus
  • Debat
  • Sport
  • Kos
  • Afrikaans
  • Vreemdhede
  • Goeie goed
  • Leefstyl
  • Tegnologie
  • Vermaak
  • Radio
  • Kontak ons
  • Stuur jou nuuswenk
  • Maroela op jou slimfoon
  • Nuusbriewe
  • Nuusflitse op Telegram
  • Kompetisies
  • Oor ons
  • Ondersteun ons
  • Adverteer
  • Maroela-studiefonds
  • Werk vir Maroela
Maroela Media is ʼn Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela-gemeenskap wil wees. Maroela Media se Christelike karakter is die kern van ons redaksionele beleid. Die beste van alles? Dis gratis!
IAB

Maroela Media is deel van die Solidariteit Beweging. Bepalings en voorwaardes geld. © 2011 - 2021 Maroela Media.

  • Tuis
  • Nuus
  • Sport
  • Geldsake
  • Landbou
  • Debat
  • Kos
  • Afrikaans
  • Goeie goed
  • Leefstyl
  • Vreemdhede
  • Vermaak
  • Radio
  • Koronavirus
  • Weer
  • Winkel
  • Ondersteun ons
  • Oor ons
  • Kontak ons