Jeremy King, wat gevonnis is vir die moord op Kirsty Theologo tydens ‘n beweerde sataniese ritueel, het Woensdag aan die hooggeregshofsitting in die Palm Ridge-landdroshof gesê hy kan nie die teenstrydighede in sy getuienis verduidelik nie.
King getuig tans teen vier ander persone wat van die moord in Oktober 2011 op Theologo (18) en haar vriendin beskuldig word. Die verdagtes het glo petrol oor die twee uitgegooi voordat hulle op ‘n koppie in Linmeyer, suid van Johannesburg, aan die brand gesteek is. Theologo het ‘n week ná die voorval in die hospitaal aan haar beserings beswyk.
Volgens King wou Courtney Daniels, een van die verdagtes, Theologo, ‘n week nadat hulle oor satanisme begin praat het, offer, berig EWN. In sy verklaring het King egter gesê Daniels het drie weke voorgestel. King het tydens sy getuienis in die hof gesê hy kan nie onthou watter een van dié twee stellings die waarheid is nie.
Hy het ook bewerings dat hy, volgens sy verklaring, te bang was om sy hand te sny en bloed op ‘n Bybel te drup, in twyfel getrek. Hy sê hy was vasbeslote om sy siel te verkoop. King het sy weergawe van die gebeure talle kere tydens Woensdag se getuienis verander, wat die prokureur vir die verdediging genoop het om sy geloofwaardigheid in twyfel te trek.
Lees ook:
‘Sataniese ritueel’: Theologo se saak uitgestel
‘Sataniese ritueel’: Kirsty is twee keer gewurg
‘Sataniese ritueel’: Theologo se aanvaller getuig
‘Sataniese ritueel’: “Ek is nie die dier nie”
‘Sataniese ritueel’: Meisie wis glo niks van moordplanne
‘Sataniese ritueel’: Getuienis bevraagteken
‘Sataniese ritueel’: Slagoffer is “braaivleis” genoem
‘Sataniese ritueel’: Kirsty was glo “prostituut” van die Bybel
‘Sataniese ritueel’: Bloed op ‘n brandende Bybel gestort
‘Sataniese ritueel’: Skokkende onthullings
‘Sataniese ritueel’: Slagoffer wou letsels in hof wys
‘Sataniese ritueel’: Kirsty wou glo geoffer word
‘Sataniese ritueel’: Ma’s, slagoffer se broer getuig
‘Sataniese ritueel’: Slagoffer se ma getuig
‘Sataniese ritueel’: Moordsaak hervat
Borgaansoek vir twee verdagtes in sataniese ritueelsaak
Meisie (18) aan die brand gesteek tydens ‘sataniese ritueel’