Lees jy graag Maroela Media? Ondersteun ons met ʼn vrywillige finansiële bydrae.skenk nou
  • 20-1-2021
  • Kontak ons
  • Teken in Word deel
Maroela Media
Nuus
20 Januarie 2021
Kieslys 
  • Nuus
    • Alle nuus
    • SA nuus
    • Wêreldnuus
    • Geldsake
    • Nuuskommentaar
    • In diepte
    • Grondhervorming
    • Plaasaanvalle
    • Koronavirus
      • LUR veroordeel rooftog by gesondheidsentrum
      • Lisensiehouers gemaan om vir afsprake op te daag
      • plaas-polisie-veld Polisie sê oor ‘gebrek aan voertuig’ ná plaasaanval
      • Nasionale Beplanningskommissie sê SA boer agteruit
      • Margot Luyt sterf
  • Debat
    • Alle debatte
    • Rubrieke
    • Redakteursbrief
    • Meningsvormers
    • Só sê die lesers
    • Nuuskommentaar
      • Afrikareg en eiendomsregte
      • 2021: Moed is die entstof vir vrees en onsekerheid
      • CDU in Duitsland kies nuwe partyleier
      • Die Chinese eeu het aangebreek
      • Capitol Hill – uit ’n ander hoek
  • Sport
    • Alle sportnuus
    • Rugby
    • Krieket
    • Gholf
    • Atletiek
      • Paine en leiding: Aussies bevraagteken kaptein se leierskap
      • Tendulkar in sy noppies met Kohli-lose Indië
      • Ervaring sorg vir Peterhansel-sukses tussen die duine
      • McGregor teen Poirier in UFC-geveg
      • Sony-Ope: Verhaal van Steele en Kirk
  • Kos
    • Alle kos
    • Drinkgoed
    • Gebak
    • Vleis en seekos
    • Soetgoed
    • Stuur jou familieresep
    • Resepteboeke
    • Hap-video’s
    • Vinnige resep-video’s
      • Resep: Limonade
      • Resep: Kaas-en-groenvy-tert
      • Vier vandag SA se geliefde rooibos
      • Resep-video: Vinnige viskoekies
      • Resep: Kruierys
  • Afrikaans
    • Alle afrikaans
    • Boeke
    • Gedigte
    • Idiome & uitdrukkings
    • Taalgebruik
    • Interessante woorde
    • Boek van die maand
      • Boekresensie: Uitvinders, planmakers en ander slimkoppe van Suid-Afrika
      • Woord: Sakkeroller
      • Boek: ‘Welkom by die museum – Anatomicum’
      • Video’s: Hans du Plessis tel Afrikaans onder die soetdorings op
      • Daniel Strauss wil ‘miljardêringesteldheid’ kweek met nuwe boek
  • Vreemd
    • Alle vreemdhede
      • Amerikaanse duif nou voortvlugtende in Australië
      • ‘Menslike oorskot’ toe eintlik ʼn aartappel
      • Vrou beboet ná sy met man aan leiband loop
      • Pa gekap wat seun se geboortedatum wou verander
      • Hoekom dié vrou 100 dae lank dieselfde rok gedra het
  • Goeie goed
    • Alle goeie goed
    • Goeie nuus
    • Ouerskap
    • Onderwys
    • Stiltetyd
    • ToekomsVenster
      • ToekomsVenster: ’n Gebroke wêreld
      • Namibiese damvlakke styg steeds, Neckartal-dam loop oor
      • Geen verlore skooltyd by die Wolkskool nie
      • Musiek maak harte vir landbou oop
      • Hanru wakker ná gevaarlike gewas verwyder is
  • Leefstyl
    • Alle leefstyl
    • Gesondheid
    • Mense
    • Motors
    • Reis
    • Só maak mens
    • Tuin
    • Voorkoms
      • Wiele2Wiele ry met Honda se WR-V 
      • Skep só ʼn stylvolle tuiskantoor
      • Video: Posttraumatiese gevolge van Covid-19
      • Sleeptoets: Pajero Sport ʼn puik sleepgenoot  
      • Nuwejaars­voor­nemens wat jou goed sal laat voel
  • Tegnologie
    • Alle tegnologie
    • Kragdag
      • WhatsApp staak eers deel van data
      • WhatsApp slaan vure dood oor nuwe beleid
      • Inskrywings vir SA se eerste slimfoonfotokompetisie nog welkom
      • Nuwe WhatsApp-regulasies: Kenners nie bekommerd
      • selfoon-pexels Hier is SA se beste selfoonnetwerk vir 2020
  • Vermaak
    • Alle vermaak
    • Flieks
    • Musiek
    • Doen-dinge
    • Top 20
    • Bekendes
    • Teater
    • Televisie
      • ‘Swartwater’ terug op die kassie
      • Musiek maak harte vir landbou oop
      • Bernice swaai weer die septer op Top-20
      • Vier vandag SA se geliefde rooibos
      • Daniel Strauss wil ‘miljardêringesteldheid’ kweek met nuwe boek
  • Radio
    • Alle radionuus
    • Uitsaaitye
    • Radiodramas
    • Podsendings
    • Briekaandraai
      • ToekomsVenster: ’n Gebroke wêreld
      • Wiele2Wiele ry met Honda se WR-V 
      • ToekomsVenster: My hulp kom van die Here
      • Luister in 3 minute: Hou die oog op belastings in 2021
      • Brandhout vir die oudag: ’n Kuiertjie in Italië se Cinque Terre
  • Kontak
    • stuur jou nuuswenk
    • stuur ‘n boodskap
    • ondersteun ons
    • adverteer
    • maroela-studiefonds
    • nuusbriewe
    • maroela op jou slimfoon
    • telegram-nuusflitse
    • kompetisies
    • winkel

‘Sataniese ritueel’: Getuienis bevraagteken

 26 April 2013
  Suné van Heerden

Hoe wil jy die artikel deel?

  • facebook
  • twitter
  • pinterest
  • whatsapp
  • e-pos

Lester Moody (19) Foto: Werner Beukes/SAPA

Lester Moody, wat skuld op Kirsty Theologo se moord in ‘n beweerde sataniese ritueel beken het, is Vrydag in die hooggeregshofsitting in die Palm Ridge-landdroshof van teenstrydige getuienis beskuldig.

“Jy voeg inligting tot jou getuienis by. Wanneer jy in ‘n hoek gedryf word, verander jy jou getuienis,” het Enrico Guarneri, advokaat vir die verdediging, aan Moody gesê. Moody getuig teen vier mense wat daarvan beskuldig word dat hulle Theologo en haar 14-jarige vriendin op 21 Oktober 2011 aan die brand gesteek het. Die 18-jarige Theologo is op ‘n koppie agter die Linmeyer-swembad aan die suide van Johannesburg aan die brand gesteek nadat petrol oor haar uitgegooi is. Sy het ‘n week later in die Chris Hani Baragwanath-hospitaal aan haar beserings beswyk. Haar vriendin het ook gebrand, maar het die voorval oorleef.

Lindon Wagner, Robin Harwood, Harvey Isha en Courtney Daniels het onskuldig gepleit op aanklag van moord, poging tot moord, en aanranding met die doel om ernstige liggaamlike skade aan te rig.

Moody en Jeremy King het altwee ‘n pleitooreenkoms met die staat aangegaan en is tot 17 jaar tronkstraf, waarvan vyf jaar opgeskort is, gevonnis op voorwaarde dat hulle teen die ander sou getuig.

Guarneri, vir Daniels, het Moody gevra waarom die groep sy kliënt gevra het om Theologo te oortuig om saam met hulle na ‘n partytjie toe te gaan as hy [Moody] nader aan haar was. Theologo het gedink sy gaan die Vrydagaand na ‘n partytjie toe en was nie daarvan bewus dat hulle haar in ‘n ritueel sou offer nie. Moody het gesê hulle het vir Daniels gevra om met Theologo te praat omdat hulle altwee meisies was en mekaar vertrou het. “Maar julle [Moody en Theologo] was beter vriende?” het Guarneri gesê. “Courtney [Daniels] sou eerder vir Kirsty [Theologo] kon oorreed. Miskien sou Kirsty nie gemaklik saam met ons klomp seuns wees nie,” het Moody gesê.

Regter Geraldine Borchers het aan Moody gesê: “Maar jy het gesê sy was ‘n meisie onder ‘n klomp seuns.” Moody het dit ontken en gesê Theologo se vriendin, wat oorleef het, was altyd saam met haar. Guarneri het Moody herinner dat hy aan die hof gesê het Theologo sou in die week alkohol drink en dagga rook saam die seuns en dat haar vriendin gewoonlik net naweke saam met hulle gekuier het. Hy het Moody gevra waarom Daniels versoek is om met Theologo te praat as sy [Daniels] in ‘n romantiese verhouding met Theologo se eks-kêrel was.

Wagner se broer was glo ‘n maand en ‘n half vantevore in ‘n verhouding met Theologo betrokke voordat hy en Daniels in ‘n verhouding betrokke geraak het. Die hof het gehoor dat Moody en Theologo ook in ‘n stadium in ‘n romantiese verhouding was. Moody sê dat dit in daardie stadium nie gelyk het of daar “enige probleme” was tussen Daniels en Theologo nie.

Guarneri het hom gevra oor die vergadering wat die dag voor die ritueel gehou is. Moody het vroeër aan die hof gesê dat sekere items vir die ritueel benodig is. Guarneri het hom gevra wat Daniels moes gebring het.

Hy het aan Moody gesê dat dít wat in sy geskrewe verklaring staan teenstrydig is met sy getuienis in die hof. In die verklaring het Moody gesê Daniels moes kerse vir die sataniese ster, tou, ‘n Bybel en remvloeistof bring. In die hof het Moody gesê hy het die remvloeistof gebring. Guarneri het toe vir Moody gevra of sy verklaring ‘n leuen was. “Dis ‘n fout, nie ‘n leuen nie,” het Moody gesê.

Toe Guarneri verdere ‘foute’ in Moody se verklaring en hofgetuienis uitgewys het, het Moody gesê Guarneri se vrae verwar hom. “Ek kan nie alles onthou vir alle vrae wat jy my nou vra nie. Dit verwar my. Jy is regtig besig om my deurmekaar te maak,” het Moody gesê. “Wel, as jy aanhou om só te antwoord, gaan ek aanvoer dat jy ontwykend is,” het Guarneri gesê.

Die saak duur voort.

Lees ook:
‘Sataniese ritueel’: Slagoffer is “braaivleis” genoem
‘Sataniese ritueel’: Kirsty was glo “prostituut” van die Bybel
‘Sataniese ritueel’: Bloed op ‘n brandende Bybel gestort
Sataniese ritueel: Skokkende onthullings
Sataniese ritueel: Slagoffer wou letsels in hof wys
Sataniese ritueel: Kirsty wou glo geoffer word
‘Sataniese ritueel’: Ma’s, slagoffer se broer getuig
‘Sataniese ritueel’: Slagoffer se ma getuig
‘Sataniese ritueel’: Moordsaak hervat
Borgaansoek vir twee verdagtes in sataniese ritueelsaak
Meisie (18) aan die brand gesteek tydens ‘sataniese ritueel’

Deel van: Nuus, SA-nuus
 hofsaak Kirsty Theologo moorde ritueel satanies

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

vorige artikel

Ma, kinders vas oor moordkomplot

volgende artikel

Buurman en polisie trek verdagtes vas

Het jy gehoor?

McGregor teen Poirier in UFC-geveg

Ervaring sorg vir Peterhansel-sukses tussen die duine

Paine en leiding: Aussies bevraagteken kaptein se leierskap

Bernice swaai weer die septer op Top-20

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

Teken In

Jou wagwoord vergeet?

Herstel jou wagwoord

Oeps! Het jy jou Maroela-fontein-wagwoord verloor? Geen probleem! Ons kan vir jou ’n skakel na jou e-pos toe stuur. Klik bloot op die skakel in daardie e-pos om ’n nuwe wagwoord te kies.

Ons weet jy verlang reeds na ons almal in Maroela-fontein.

Kanselleer

Word deel van Maroela-fontein

Registreer op die webwerf

Jou wagwoord is per e-pos aan jou gestuur. Kanselleer

Word deelTeken in

Nuus oor die koronavirus

Sien ook die regering se amptelike webwerf by sacoronavirus.co.za

Neutedop-nuusbrief

Ontvang die afgelope 24 uur se nuus in jou e-posbus, gratis!
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Video

  • Video: Posttraumatiese gevolge van Covid-19

Nou pra' jy

  • Afrikareg en eiendomsregte
  • 2021: Moed is die entstof vir vrees en onsekerheid
  • CDU in Duitsland kies nuwe partyleier
  • Tuis
  • Nuus
  • Debat
  • Sport
  • Kos
  • Afrikaans
  • Vreemdhede
  • Goeie goed
  • Leefstyl
  • Tegnologie
  • Vermaak
  • Radio
  • Kontak ons
  • Stuur jou nuuswenk
  • Maroela op jou slimfoon
  • Nuusbriewe
  • Nuusflitse op Telegram
  • Kompetisies
  • Oor ons
  • Ondersteun ons
  • Adverteer
  • Maroela-studiefonds
  • Werk vir Maroela
Maroela Media is ʼn Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela-gemeenskap wil wees. Maroela Media se Christelike karakter is die kern van ons redaksionele beleid. Die beste van alles? Dis gratis!
IAB

Maroela Media is deel van die Solidariteit Beweging. Bepalings en voorwaardes geld. © 2011 - 2021 Maroela Media.

  • Tuis
  • Nuus
  • Debat
  • Geldsake
  • Sport
  • Kos
  • Afrikaans
  • Vreemdhede
  • Goeie goed
  • Leefstyl
  • Tegnologie
  • Vermaak
  • Radio
  • Koronavirus
  • Winkel
  • Ondersteun ons
  • Oor ons
  • Kontak ons