Kirsty Theologo (18) is glo twee keer gewurg voordat sy tydens ‘n beweerde sataniese ritueel haar bewussyn verloor het.
Jeremy King, wat skuld erken het vir sy aandeel in die moord, het gesê Robin Harwood het aanvanklik Theologo probeer wurg, maar het toe in ‘n struweling beland, berig EWN. Hy kon die nie regkry dat sy haar bewussyn verloor nie. Volgens King het hy Theologo weer gewurg en vasgedruk sodat die vriende met die ritueel kon begin.
King getuig tans in die hooggeregshofsitting in die Palm Ridge-landdroshof teen vier persone wat daarvan beskuldig word dat hulle Theologo en haar 14-jarige vriendin in Oktober 2011 op ‘n koppie in die suide van Johannesburg aan die brand gesteek het nadat hulle petrol oor hulle uitgegooi het. Theologo is ‘n week ná die voorval in die hospitaal oorlede. Die vriendin het die voorval oorleef. King en Lester Moody het vroeër ‘n pleitooreenkoms met die staat aangegaan en is 17 jaar tronkstraf, waarvan vyf opgeskort is, uit.
Volgens King het Harwood glo aan Lindon Wagner gesê dis verkeerd om die ritueel uit te voer, en hy het dit probeer keer.
King is vroeër van oneerlikheid in sy getuienis beskuldig nadat hy homself weerspreek het oor wie aan die moord deelgeneem het.
Lees ook:
‘Sataniese ritueel’: Theologo se aanvaller getuig
‘Sataniese ritueel’: “Ek is nie die dier nie”
‘Sataniese ritueel’: Meisie wis glo niks van moordplanne
‘Sataniese ritueel’: Getuienis bevraagteken
‘Sataniese ritueel’: Slagoffer is “braaivleis” genoem
‘Sataniese ritueel’: Kirsty was glo “prostituut” van die Bybel
‘Sataniese ritueel’: Bloed op ‘n brandende Bybel gestort
‘Sataniese ritueel’: Skokkende onthullings
‘Sataniese ritueel’: Slagoffer wou letsels in hof wys
‘Sataniese ritueel’: Kirsty wou glo geoffer word
‘Sataniese ritueel’: Ma’s, slagoffer se broer getuig
‘Sataniese ritueel’: Slagoffer se ma getuig
‘Sataniese ritueel’: Moordsaak hervat
Borgaansoek vir twee verdagtes in sataniese ritueelsaak
Meisie (18) aan die brand gesteek tydens ‘sataniese ritueel’