Lees jy graag Maroela Media? Ondersteun ons met ʼn vrywillige finansiële bydrae.skenk nou
  • 16-1-2021
  • Kontak ons
  • Teken in Word deel
Maroela Media
Nuus
16 Januarie 2021
Kieslys 
  • Nuus
    • Alle nuus
    • SA nuus
    • Wêreldnuus
    • Geldsake
    • Nuuskommentaar
    • In diepte
    • Grondhervorming
    • Plaasaanvalle
    • Koronavirus
      • Tronkstraf vir twee oor tenderbedrogspul
      • Valke slaan toe op geldskieter
      • Talle lugrederye kanselleer SA vlugte
      • DA vra dat parlement byeengeroep word
      • SAOU steun besluit oor heropening van skole, maar …
  • Debat
    • Alle debatte
    • Rubrieke
    • Redakteursbrief
    • Meningsvormers
    • Só sê die lesers
    • Nuuskommentaar
      • Podlitiek: Washington onbeskof, verkiesing met verlof, Covid-19-entstof?
      • Om te mag sê of nie – wie bepaal dit?
      • Die ou kontinent soek na ’n nuwe toekomsvisie
      • Op ʼn plek ver hiervandaan
      • Internasionale oorsig: Demokrate beheer nou federale regering in VSA
  • Sport
    • Alle sportnuus
    • Rugby
    • Krieket
    • Gholf
    • Atletiek
      • Moordende Dakar-veldtydren eis nóg ’n slagoffer
      • Root slaan honderdtal onder Kallis-toesig
      • Marnus verbeter ’n Bradman-rekord met honderdtal
      • Marc Player steeds ontevrede met pa se toekenning
      • Pumas het vir groter unies gegrom
  • Kos
    • Alle kos
    • Drinkgoed
    • Gebak
    • Vleis en seekos
    • Soetgoed
    • Stuur jou familieresep
    • Resepteboeke
    • Hap-video’s
    • Vinnige resep-video’s
      • Resep-video: Vinnige viskoekies
      • Resep: Kruierys
      • Resep: Vanieljekolwyntjies
      • Resep: Tamatievoorgereg
      • Resep: Gebakte beetslaai
  • Afrikaans
    • Alle afrikaans
    • Boeke
    • Gedigte
    • Idiome & uitdrukkings
    • Taalgebruik
    • Interessante woorde
    • Boek van die maand
      • Jong skrywer duik tienerdieptes in met jeugfiksiedebuut
      • Boek: ‘Bruidzilla’ – Marion Erskine
      • Inskrywings vir SA se eerste slimfoonfotokompetisie nog welkom
      • Gedig: Husse met lang ore
      • Hertogin Fergie skryf debuutroman vir Mills & Boon
  • Vreemd
    • Alle vreemdhede
      • Amerikaanse duif nou voortvlugtende in Australië
      • ‘Menslike oorskot’ toe eintlik ʼn aartappel
      • Vrou beboet ná sy met man aan leiband loop
      • Pa gekap wat seun se geboortedatum wou verander
      • Hoekom dié vrou 100 dae lank dieselfde rok gedra het
  • Goeie goed
    • Alle goeie goed
    • Goeie nuus
    • Ouerskap
    • Onderwys
    • Stiltetyd
    • ToekomsVenster
      • Vriendskap, geloof in Noord-Koreaanse tronk
      • Son_water_stiltetyd_pixabay.jpg Gedagte vir die dag: Versekering
      • Damme vol, sluise in Namibië oopgemaak
      • Kruger-kinderhuis vra hulp vir skoolbehoeftes
      • see_vrou_stiltetyd_pixabay.jpg Gedagte vir die dag: Geduld
  • Leefstyl
    • Alle leefstyl
    • Gesondheid
    • Mense
    • Motors
    • Reis
    • Só maak mens
    • Tuin
    • Voorkoms
      • Talle lugrederye kanselleer SA vlugte
      • Neem só 15 dae verlof en kry 41 dae af!
      • Handwerk: Brei ’n streepsak vir die kombuis
      • Kia teen Renault: Wie kraai koning?
      • Yamaha Ténéré 700: T7-konsep eindelik hier
  • Tegnologie
    • Alle tegnologie
    • Kragdag
      • WhatsApp slaan vure dood oor nuwe beleid
      • Inskrywings vir SA se eerste slimfoonfotokompetisie nog welkom
      • Nuwe WhatsApp-regulasies: Kenners nie bekommerd
      • selfoon-pexels Hier is SA se beste selfoonnetwerk vir 2020
      • Sosiale media: Kan jy aanspreeklik gehou word?
  • Vermaak
    • Alle vermaak
    • Flieks
    • Musiek
    • Doen-dinge
    • Top 20
    • Bekendes
    • Teater
    • Televisie
      • Foto’s: Só lyk ‘The Bachelorette SA’ se eerste deelnemers
      • Hoe lyk Hollywood: Kulkunsduo se Siegfried sterf; Mick Fleetwood verkoop opnames
      • ‘Tintin’-kunswerk kan nuwe veilingrekord laat spat
      • Inskrywings vir SA se eerste slimfoonfotokompetisie nog welkom
      • Die Boer-teater sluit weens Covid-regulasies
  • Radio
    • Alle radionuus
    • Uitsaaitye
    • Radiodramas
    • Podsendings
    • Briekaandraai
      • Jong skrywer duik tienerdieptes in met jeugfiksiedebuut
      • Podlitiek: Washington onbeskof, verkiesing met verlof, Covid-19-entstof?
      • Luister: Feiteboek vir kinders gee stem aan SA baanbrekers
      • Luister: Cordelia oor ‘hoendervleis-ervaring’ wat nuwe enkelsnit inspireer
      • Namakwastories: ‘Toe uit ons waar ons uit’
  • Kontak
    • stuur jou nuuswenk
    • stuur ‘n boodskap
    • ondersteun ons
    • adverteer
    • maroela-studiefonds
    • nuusbriewe
    • maroela op jou slimfoon
    • telegram-nuusflitse
    • kompetisies
    • winkel

‘Sataniese ritueel’: Kirsty was glo die ‘prostituut’ uit die Bybel

 25 April 2013
  Suné van Heerden

Hoe wil jy die artikel deel?

  • facebook
  • twitter
  • pinterest
  • whatsapp
  • e-pos

Kirsty Theologo

Kirsty Theologo, wat in ‘n beweerde sataniese ritueel aan die brand gesteek is, was glo die groot prostituut wat oor Johannesburg regeer, het die hooggeregshofsitting in die Palm Ridge-landdroshof Donderdag gehoor.

Lester Moody (19), getuig tans teen vier mense wat daarvan beskuldig word dat hulle die ritueel uitgevoer het. Hy het skuldig erken op die misdaad en het ‘n pleitooreenkoms met die staat aangegaan in ‘n poging om ‘n korter vonnis te ontvang. “Het jy die idee om die prostituut aan die brand te steek en haar vlees te eet, en kaal uit te trek uit Openbaring 17 gekry?” het Enrico Guarneri, advokaat vir die verdediging, gevra. “Ja,” het Moody geantwoord.

“Het Kirsty die prostituut voorgestel wat oor die konings van die wêreld regeer?” het Guarneri gevra. “Ja.” “En oor watter stad het sy regeer?” wou Guarneri weet. “Johannesburg,” het Moody geantwoord.

‘n Gegiggel het in die hof uitgebreek toe Moody geantwoord het. Guarneri het die teks uit Openbaring 17:15-16 aan Moody voorgelees.

[Die teks uit Openbaring 17: En hy sê vir my: Die waters wat jy gesien het, waar die hoer op sit, is volke en menigtes en nasies en tale. En die tien horings wat jy op die dier gesien het, hulle sal die hoer haat en haar verlate maak en naak, en haar vlees eet en haar met vuur verbrand. Want God het dit in hulle harte gegee om sy bedoeling uit te voer en een bedoeling uit te voer, en hulle heerskappy aan die dier te gee totdat die woorde van God volbring is. En die vrou wat jy gesien het, is die groot stad wat heerskappy voer oor die konings van die aarde.]

Moody het vroeër aan die hof gesê die ritueel is gebaseer op daardie teksvers en die sataniese elemente is eers in ‘n latere stadium bygevoeg. Tydens ‘n vorige hofsitting het hy gesê hy het een middag nadat hy sokker gespeel het op die vers afgekom. ‘n Klein Nuwe Testament-bybel het op sy bedtafeltjie gelê en toe hy dit oopmaak, het hy daarop afgekom. Hy het aan die hof gesê hy het die vers ‘n paar keer gelees, en was verward daaroor. “Hoekom het jy nie jou pa gevra nie? Hy is ‘n ooglopende kenner, dan nie?” het regter Geraldine Moody Donderdag gevra. Die hof het gehoor dat Moody se pa ‘n Christelike pastoor is. Hy sê hy weet nie waarom hy nie sy pa gevra het om die teks te verduidelik nie.

Gaurneri het Moody ook gevra om die hof te wys waar dit in die teks aandui dat mens bloed moet drink. Moody het na die afskrif van die teks, wat deur die Staatsaanklaer van die internet uitgedruk is, geloer en gesê hy kan dit nie opspoor nie. “Dis nie daar nie,” het Moody gesê. “Nie daar nie? Sien, net noudiedag het jy die teks opgesê en het die drink van bloed ingesluit,” het Guarneri gesê. “Dis baie vreemd dat daar, in die Bybel, geen verwysing na die drink van bloed gemaak word nie.”

Regter Borchers het die ondervraging onderbreek en voorgestel dat Moody die teks moontlik in ‘n ander weergawe gelees het. Moody het gesê hy het sy weergawe uit die Nuwe Testament gelees, maar nie gesê watter weergawe nie.

Toe die hof nie Moody se weergawe kon identifiseer nie, het Guarneri gesê hy glo nie dat een weergawe van die Bybel ‘n spesifieke sin het wat die ander glad nie het nie. Hy het toe vir Moody gevra wanneer dit aan hom openbaar is wie die dier is, wat ook in die Bybel genoem word. “Die hele tyd, totdat jy Kirsty vermoor het, was dit aan jou openbaar of het jy uitgevind wie die dier is?” wou Guarneri weet. Moody het gesê dit is nooit openbaar nie.

“Jy wou mag aan die dier gee sonder om te weet wie dit is?” het hy gevra. “Jy moes baie dagga gerook het.”

Moody het vroeër gesê hy en [Robin] Harwood het die middag van die voorval die een “zol” na die ander gerook. Slegs sowat 30 minute sou verloop voordat hulle die volgende een aangesteek het. “Ons het nie geweet ons gaan later ‘n moord pleeg nie,” het Moody gesê. Hy het ook gesê hulle het met ander dwelmmiddels ook eksperimenteer, insluitend CAT (metamfetamien) en kokaïen. Regter Borchers het Moody gevra om die effek van die dagga te beskryf. “Dit hang af van wat mens rook. “Swazi” maak jou lui. “Skunk” maak jou hiperaktief,” het hy geantwoord. Hulle het daardie middag glo “skunk” gerook. Voordat hy uit die skool geskors is, het hulle glo vroeg in die oggend dagga gerook. Hy het erken hy was verslaaf aan dagga.

Moody getuig teen Lindon Wagner, Robin Harwood, Harvey Isha en Courtney Daniels. Hulle het onskuldig gepleit op aanklag van moord, poging tot moord, en aanranding met die doel om ernstige liggaamlike skade aan te rig.

Theologo was 18 toe sy op 21 Oktober 2011 op ‘n koppie agter die Linmeyer-swembad naby Juliusstraat in die suide van Johannesburg aan die brand gesteek is nadat petrol oor haar uitgegooi is. Sy het ‘n week later in die Chris Hani Baragwanath-hospitaal aan haar beserings beswyk. Haar vriendin, wat in daardie stadium 14 jaar oud was, is ook gebrand, maar het die voorval oorleef.

Lees ook:
‘Sataniese ritueel’: Bloed op ‘n brandende Bybel gestort
Sataniese ritueel: Skokkende onthullings
Sataniese ritueel: Slagoffer wou letsels in hof wys
Sataniese ritueel: Kirsty wou glo geoffer word
‘Sataniese ritueel’: Ma’s, slagoffer se broer getuig
‘Sataniese ritueel’: Slagoffer se ma getuig
‘Sataniese ritueel’: Moordsaak hervat
Borgaansoek vir twee verdagtes in sataniese ritueelsaak
Meisie (18) aan die brand gesteek tydens ‘sataniese ritueel’

Deel van: Nuus, SA-nuus
 hofsaak Kirsty Theologo ritueel satanies

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

vorige artikel

Regstellende koffie vir Vryheidsdag

volgende artikel

Carl Pistorius: Polisieman sê foto’s, maatband is verkeerd

Het jy gehoor?

Hoe lyk Hollywood: Kulkunsduo se Siegfried sterf; Mick Fleetwood verkoop opnames

Foto’s: Só lyk ‘The Bachelorette SA’ se eerste deelnemers

Moordende Dakar-veldtydren eis nóg ’n slagoffer

Marnus verbeter ’n Bradman-rekord met honderdtal

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
William

Hoekom hulle nie na hulle Vader Satan toe stuur dat hulle ook kan gebrand word nie.Feit van die saak is daar is moord gepleeg en almal was betrokke.Hoekom kan ons howe nie n eenvoudige saak soos dit verhoor nie of sit ons nog steeds met meer en meer opgehoopte sake wat nooit tot end kom nie..
Hoekom moet sake 2 4 jaar neem voor vonnis of gaan dit om die sensasie vir almal betrokke by dit. .

Jy moet ingeteken wees om te stem00Jy moet ingeteken wees om te stem
7 jaar gelede

Teken In

Jou wagwoord vergeet?

Herstel jou wagwoord

Oeps! Het jy jou Maroela-fontein-wagwoord verloor? Geen probleem! Ons kan vir jou ’n skakel na jou e-pos toe stuur. Klik bloot op die skakel in daardie e-pos om ’n nuwe wagwoord te kies.

Ons weet jy verlang reeds na ons almal in Maroela-fontein.

Kanselleer

Word deel van Maroela-fontein

Registreer op die webwerf

Jou wagwoord is per e-pos aan jou gestuur. Kanselleer

Word deelTeken in

Nuus oor die koronavirus

Sien ook die regering se amptelike webwerf by sacoronavirus.co.za

Neutedop-nuusbrief

Ontvang die afgelope 24 uur se nuus in jou e-posbus, gratis!
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Video

  • Jong skrywer duik tienerdieptes in met jeugfiksiedebuut

Nou pra' jy

  • Podlitiek: Washington onbeskof, verkiesing met verlof, Covid-19-entstof?
  • Om te mag sê of nie – wie bepaal dit?
  • Die ou kontinent soek na ’n nuwe toekomsvisie
  • Tuis
  • Nuus
  • Debat
  • Sport
  • Kos
  • Afrikaans
  • Vreemdhede
  • Goeie goed
  • Leefstyl
  • Tegnologie
  • Vermaak
  • Radio
  • Kontak ons
  • Stuur jou nuuswenk
  • Maroela op jou slimfoon
  • Nuusbriewe
  • Nuusflitse op Telegram
  • Kompetisies
  • Oor ons
  • Ondersteun ons
  • Adverteer
  • Maroela-studiefonds
  • Werk vir Maroela
Maroela Media is ʼn Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela-gemeenskap wil wees. Maroela Media se Christelike karakter is die kern van ons redaksionele beleid. Die beste van alles? Dis gratis!
IAB

Maroela Media is deel van die Solidariteit Beweging. Bepalings en voorwaardes geld. © 2011 - 2021 Maroela Media.

  • Tuis
  • Nuus
  • Debat
  • Geldsake
  • Sport
  • Kos
  • Afrikaans
  • Vreemdhede
  • Goeie goed
  • Leefstyl
  • Tegnologie
  • Vermaak
  • Radio
  • Koronavirus
  • Winkel
  • Ondersteun ons
  • Oor ons
  • Kontak ons