• 17-2-2019
  • Kontak ons
Maroela Media
Nuus
1
Aanhangers
31.6k
Volgelinge
1.4k
Intekenare
19.3k
Volgelinge
17 Februarie 2019
Kieslys 
  • Nuus
    • Alle nuus
    • SA nuus
    • Wêreldnuus
    • Geldsake
    • Nuuskommentaar
    • In diepte
    • Grondhervorming
    • Plaasaanvalle
    • Tekenprente
      • Boer skiet terug tydens aanval
      • 12-jarige verdrink in Durban-rivier
      • Mabuza kan nie Eskom-krisis hanteer nie, sê DA
      • Uasa gekant teen afleggings by Sibanye-Stillwater
      • Kaapstad: Publiek moet sê oor konsep-waterstrategie
  • Debat
    • Alle debatte
    • Rubrieke
    • Redakteursbrief
    • Meningsvormers
    • Só sê die lesers
    • Nuuskommentaar
      • Wat maak ons van die Staatsrede?
      • Beveg rassehaat met wedersydse respek
      • landbou-trekker-oestyd Privaat nuus, outomatisering en die maan: Hallo, 2019!
      • pierre-massyn-birkenhead-01 ’n Lewende skakel met die Birkenhead
      • dr-dirk-hermann-blf-konferensie-2019-02-14 BLF se uitsprake oor Driehoek is laagste vorm van haatspraak
  • Sport
    • Alle sportnuus
    • Rugby
    • Krieket
    • Gholf
    • Atletiek
      • Bulls oordonder Stormers op Loftus
      • Stertkantkolwers sorg vir Sri Lanka-sege
      • Sharks draf Sunwolves kaf
      • Crusaders wen Blues net-net 
      • Superrugby skop die naweek af!
  • Resepte
    • Alle resepte
    • Drinkgoed
    • Gebak
    • Vleis en seekos
    • Soetgoed
    • Stuur jou familieresep
    • Resepteboeke
    • Hap-video’s
    • Vinnige resep-video’s
      • Gekook_stoof_pot_roer_pixabay.jpg Sakpasresep: Tannie Babs se gekookte poeding
      • Resep-video: Jogi-yskastert
      • Lebkuchen vir jou Valentyn
      • Resep: Murgpampoentjie-en-sjokoladekoek
      • Energieblokkie_kosblikkie.jpg Kosblikkie-video: Energieblokkies
  • Afrikaans
    • Alle afrikaans
    • Boeke
    • Gedigte
    • Idiome & uitdrukkings
    • Taalgebruik
    • Interessante woorde
    • Boek van die maand
      • fanie-viljoen-die-dag-toe-die-draak-kom Skrywer pak kindermolestering in jongste boek
      • Boek: Sara
      • Oorsigresensie: Vrystories vir Valentynsdag
      • Boek: Die groot boek met slaaptydstories
      • Gedig: Die goue sleuteltjie
  • Vreemd
    • Alle vreemdhede
      • Herrie oor ‘telefoonnommer’-servette
      • Dalk die grootste goudvis ooit?
      • Vyfjarige boekwurm maak self biblioteek oop
      • Vernoem ʼn kokkerot na jou eks!
      • Video: Kaapse vark nou wêreldberoemde kunstenaar
  • Goeie goed
    • Alle goeie goed
    • Goeie nuus
    • Reis
    • Ouerskap
    • Onderwys
    • Stiltetyd
    • ToekomsVenster
      • Sonsondergang - Boekevat - Foto: C Brits Gedagte vir die dag: Geniet sy goedkeuring
      • Stiltetyd_see_vrolike mense_Juanita Badenhorst.jpg Gedagte vir die dag: Leef met wysheid 
      • Paramedikus red katjie uit drein
      • glas-houer-lig-liggies ToekomsVenster: Die doel met die gelykenisse
      • Onthou van diereliefde dié liefdesmaand
  • Tegnologie
    • Alle tegnologie
    • Digitaal
    • Motornuus
    • Ruimte
    • Kragdag
      • Sleeptoets: Wildtrak die meester
      • Padtoets: Dís mos ʼn Mercedes-Benz
      • Bekendstelling: Nuwe Lexus is dapper maar nie uitspattig
      • Só styg DStv se pryse
      • Honda NC 750 X – Steeds die pendelkoning
  • Vermaak
    • Alle vermaak
    • Flieks
    • Musiek
    • Doen-dinge
    • Top 20
    • Bekendes
    • Teater
    • Televisie
      • John Kani, Sandra Prinsloo vereer by Fiësta-toekennings
      • Skrywer en regisseur Christo Davids vertel oor ‘Harry en Jackie’
      • Deon Meyer se ‘Bottervisse in die jêm’ dié Sondag op kykNET
      • Só styg DStv se pryse
      • Luister: ‘Liewe Lisa’ nié die tipiese romantiese rolprent nie
  • Radio
    • Alle radionuus
    • Uitsaaitye
    • Môregloed
    • Radiodramas
    • Allegaartjie
    • Podsendings
      • glas-houer-lig-liggies ToekomsVenster: Die doel met die gelykenisse
      • fanie-viljoen-die-dag-toe-die-draak-kom Skrywer pak kindermolestering in jongste boek
      • Moregloed_stad.jpg Luister: Môregloed – Episode 80
      • oring-koringare-landerye-son ToekomsVenster: Die gelykenis van die saaier
      • Luister: ‘Liewe Lisa’ nié die tipiese romantiese rolprent nie
  • TV
  • Kontak
    • stuur jou nuuswenk
    • stuur ‘n boodskap
    • ondersteun ons
    • adverteer
    • nuusbriewe
    • WhatsApp-nuusflitse
    • kompetisies
    • winkel

‘Sataniese ritueel’: Kirsty wou glo geoffer word

 18 April 2013
  Suné van Heerden

  • Deel dit op Facebook(Dit maak in 'n nuwe venster oop)
  • Deel dit op Twitter(Dit maak in 'n nuwe venster oop)
  • Deel dit op Pinterest(Dit maak in 'n nuwe venster oop)
  • Click to share on WhatsApp(Dit maak in 'n nuwe venster oop)
  • Stuur 'n skakel na hierdie bladsy vir 'n vriend(Dit maak in 'n nuwe venster oop)

Kirsty Theologo

Die meisie wat ‘n vermeende sataniese ritueel oorleef het, waartydens sy en haar vriendin aan die brand gesteek is, het Donderdag in die hooggeregshofsitting by die Palm Ridge-landdroshof getuig.

Die 16-jarige meisie, wat ten tye van die voorval 14 jaar oud was, het teen die vier beskuldigdes getuig. In 2011 is petrol oor haar en haar vriendin, Kirsty Theologo, uitgegooi voordat hulle aan die brand gesteek is.

Lindon Wagner, Robin Harwood, Harvey Isha en Courtney Daniels het almal onskuldig gepleit op aanklagte van moord, poging tot moord en aanranding met die doel om ernstige liggaamlike skade aan te rig.

Theologo is in Oktober 2011 op ‘n koppie agter die Linmeyer-swembad in die suide van Johannesburg aan die brand gesteek, nadat petrol oor haar uitgegooi is. Sy het ‘n week later in die Chris Hani Baragwanath-hospitaal aan haar beserings beswyk. Haar vriendin het die aanval oorleef.

Die hof het Woensdag gehoor hoe die oorlewende slagoffer onder die bed gaan wegkruip het toe Theologo se 17-jarige broer getuig het. Klik hier om meer te lees.

Slagoffer getuig
Die meisie, wie se naam nie bekendgemaak mag word nie omdat sy minderjarig is, het geweier om in camera te getuig. Sy het gesê Daniels en Wagner het ‘n vuur bo-op die koppie aangesteek waar sy en Theologo aangeval is. In daardie stadium het sy glo gedink, “Sjoe, dit was vinnig.” Sy het aan die hof gesê dat Kirsty “in ‘n hartseer stem” na haar geroep het terwyl sy tydens die aanval bewusteloos gelê het. Sy het glo haar bewussyn verloor nadat sy alkohol, wat Daniels gebring het, gedrink het. Sy sê dit het ongewoon geproe, nie soos alkohol nie. “Ek het ‘n slukkie gevat, maar dit het snaaks geproe so ek het dit uitgespoeg.” Nadat Theologo glo hare gedrink het, het sy vomeer.

Die oorlewende slagoffer op 18 April 2013 met haar teddie in die hof Foto: Werner Beukes/SAPA

“Ek het duiselig begin voel. My ore het getuit en die hitte van die vuur het in my gesig geblaas,” het die meisie gesê. Toe sy bykom, was alles glo wasig. Terwyl sy probeer het om te fokus, het sy gesien hoe Wagner op die vuur spring. Sy het steeds probeer om te herstel toe sy van agter af met haar serp gewurg is. Sy het gesien dit is Wagner wat haar probeer wurg het, het sy getuig.

Theologo het die heeltyd na haar geroep, en gesê hulle moet huis toe gaan. Die meisie sê iemand het Theologo met ‘n baksteen in die gesig geslaan.

Theologo se broer het Woensdag getuig sy sussie het die vriendin op haar rug huis toe gedra.

Die meisie sê Theologo was haar beste vriendin. “Sy was my alles.”

Haar ma het vroeër getuig haar dogter het nie baie vriende gehad nie, maar dat Theologo haar naaste vriendin was.

Lindon Wagner se beëdigde verklaring
Landdros Jaspin Nightingale het later getuig dat een van die verdagtes, Lindon Wagner, ‘n beëdigde verklaring aan hom afgelê het waarin hy erken dat hy Theologo en die oorlewende slagoffer aan die brand gesteek het.

In die verklaring het Wagner aangevoer Theologo het, drie weke voor die aanval, gesê sy wil geoffer word, en dat die groep vriende vantevore al oor satanisme gepraat het. “Dit was slegs wanneer ons onder die invloed van dwelmmiddels was dat ons oor satanisme gepraat het,” het Wagner in die verklaring gesê.

Volgens Wagner het die groep, voordat hulle na die koppie toe is, dwelmmiddels en alkohol verbruik. Die hof het gehoor hoe hy Theologo en die meisie met ‘n tou vasgebind het, asof iets hom beheer. Hy het ‘n ster op ‘n klip geteken en dit is waar die vermeende ritueel plaasgevind het. Wagner het eers ná die aanval besef wat hy gedoen het.

Theologo se ma het vroeër getuig dat haar dogter dagga gekoop het voor die groep na die koppie toe is. Terwyl hulle daar was, het Theologo glo die dagga gerol en dit saam met die ander gerook.

Patoloog getuig
‘n Patoloog het later Donderdag getuig dat die beserings wat die meisie opgedoen het, erg genoeg was om haar dood te maak. “Die erns van die meisie se beserings en die bewys van gif wat in haar opgespoor is was genoeg om haar dood te maak,” het dr. Pat Klepp gesê. Klepp sê monsters van Theologo se lewer, maag, niere en bloed is geneem. Die toksikologie-uitslag is egter nog nie beskikbaar nie en die vinnigste wat hulle die uitslag sal kry is in 10 jaar, aangesien die regering se laboratorium glo in soveel wanorde is. Klepp sê dat, alhoewel Theologo anemies was, ‘n toestand wat haar hart kon affekteer, dié orgaan gesond was.

Die saak duur voort.

Lees ook:
‘Sataniese ritueel’: Ma’s, slagoffer se broer getuig
‘Sataniese ritueel’: Slagoffer se ma getuig
‘Sataniese ritueel’: Moordsaak hervat
Borgaansoek vir twee verdagtes in sataniese ritueelsaak
Meisie (18) aan die brand gesteek tydens ‘sataniese ritueel’

Deel van: Hoofnuus, Nuus, SA-nuus
 hofsaak Johannesburg Kirsty Theologo ritueel satanies

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

vorige artikel

‘Modimolle-monster’ glo hy het nie ‘n misdaad gepleeg nie

volgende artikel

Wit mans domineer steeds bestuursposte

Het jy gehoor?

Crusaders wen Blues net-net 

Sharks draf Sunwolves kaf

Stertkantkolwers sorg vir Sri Lanka-sege

Gedagte vir die dag: Leef met wysheid 

Meeste gelees

  • Oud-Bok se dogter sterf
  • Video: Chaos toe trok op N1 omval
  • Twee dood in gru-botsing
  • Man ernstig beseer toe gassilinder ontplof
  • 200 kinders uit tehuise verwyder

Peiling

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Mediaverklarings

Die jongste mediaverklarings

Tekenprent van die week

  • Tekenprent: Beurtkrag

Daaglikse nuusbrief

Ontvang die afgelope 24 uur se nuus in jou e-posbus, gratis!
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Video

  • Resep-video: Jogi-yskastert

Nou pra' jy

  • Wat maak ons van die Staatsrede?
  • Beveg rassehaat met wedersydse respek
  • landbou-trekker-oestyd Privaat nuus, outomatisering en die maan: Hallo, 2019!

Lees ook op Maroela

  • Sonsondergang - Boekevat - Foto: C Brits Gedagte vir die dag: Geniet sy goedkeuring
  • Sleeptoets: Wildtrak die meester
  • Stiltetyd_see_vrolike mense_Juanita Badenhorst.jpg Gedagte vir die dag: Leef met wysheid 
  • Tuis
  • Nuus
  • Debat
  • Sport
  • Resepte
  • Afrikaans
  • Vreemdhede
  • Goeie goed
  • Tegnologie
  • Vermaak
  • Radio
  • TV
  • Kontak ons
  • Stuur jou nuuswenk
  • Maroela op jou slimfoon
  • Maroela se matriek-app
  • Nuusbriewe
  • Nuusflitse op WhatsApp
  • Kompetisies
  • Winkel
  • Oor ons
  • Ondersteun ons
  • Adverteer
  • Werk vir Maroela
Maroela Media is ʼn Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela-gemeenskap wil wees. Maroela Media se Christelike karakter is die kern van ons redaksionele beleid. Die beste van alles? Dis gratis!
IAB

Maroela Media is deel van die Solidariteit Beweging. Bepalings en voorwaardes geld. © 2011 - 2019 Maroela Media.

  • Tuis
  • Nuus
  • Debat
  • Geldsake
  • Sport
  • Resepte
  • Afrikaans
  • Vreemdhede
  • Goeie goed
  • Tegnologie
  • Vermaak
  • Radio
  • TV
  • Winkel
  • Ondersteun ons
  • Kontak ons
  • Oor ons
loading Kanselleer
Post was not sent - check your email addresses!
Email check failed, please try again
Sorry, your blog cannot share posts by email.