‘Sataniese ritueel’: Meesterbrein glo “emosioneel onvolwasse”

Sunette van den Heever, kliniese sielkundige Foto: Werner Beukes/SAPA

Sunette van den Heever, kliniese sielkundige Foto: Werner Beukes/SAPA

Die vermeende meesterbrein van die sataniese ritueel waartydens Kirsty Theologo gesterf het, was emosioneel onvolwasse, het die Johannesburgse hooggeregshofsitting in Palm Ridge Dinsdag gehoor.

“Lindon Wagner het verswakte intellektuele vermoëns,” het Sunette van den Heever, kliniese sielkundige, gesê. “Hy was geïsoleerd en eensaam.” Van den Heever sê Wagner erken aanspreeklikheid vir die deel wat hy in Theologo (18) se dood gespeel het.

Wagner en sy medebeskuldigdes, Courtney Daniels, Harvey Isha en Robin Harwood staan tereg op die moord van Theologo en poging tot moord op haar 14-jarige vriendin.

Wagner het vroeër aan die hof gesê hy het Theologo ‘n paar keer met ‘n klip oor die kop geslaan, petrol oor haar uitgegooi en haar aan die brand gesteek tydens ‘n ritueel om siele te verkoop. Die aanval het in Oktober 2011 op ‘n koppie in Linmeyer, Johannesburg, plaasgevind. Hy het gehoop om “mag te bekom” in ruil vir sy siel.

Theologo het ‘n week later in die hospitaal aan haar beserings beswyk. Haar vriendin het die aanval oorleef.

Lester Moody en Harvey King het vroeër skuld erken op hul aandeel in die moord en hulle is tot 17 jaar tronkstraf gevonnis, waarvan vyf jaar opgeskort is.

Wagner het regdeur die hofsaak volgehou dat “iets” hom tydens die ritueel oorweldig het. Hy sê hy kon niks hoor nie, maar kon sien wat hy doen. Wagner sê hy het eers “bygekom” toe Theologo geskree het.

Staatsaanklaer Karien Coetzee het Dinsdag egter aangevoer dat Wagner reeds getuig het dat hy Theologo hoor vra het waarom hulle dit aan haar doen, aangesien hulle vriende is.

Van den Heever sê verder dat Wagner beweer het hy “haat” geweld teen vroue, aangesien hy gesien het hoe sy ma mishandel word. Coetzee het egter gesê Wagner het drie vroue tydens die ritueel beseer, en een het gevolglik gesterf. Buiten Theologo en haar vriendin het Wagner gehelp om Daniels se hand te sny om bloed in die vuur te drup.

Van den Heever sê Wagner se ma het geweier om saam met hom te bly weens sy dwelmmisbruik.

Die saak is tot 4 November uitgestel.

Lees ook:
‘Sataniese ritueel’: Beskuldigde het glo God gevind
‘Sataniese ritueel’: Hof hoor hulle wou siele verkoop
‘Sataniese ritueel’: Regter siek, saak uitgestel
‘Sataniese ritueel’: Beskuldigde het mag gesoek
‘Sataniese ritueel’: Getuienis bevraagteken
‘Sataniese ritueel’: Theologo se saak uitgestel
‘Sataniese ritueel’: Kirsty is twee keer gewurg
‘Sataniese ritueel’: Theologo se aanvaller getuig
‘Sataniese ritueel’: “Ek is nie die dier nie”
‘Sataniese ritueel’: Meisie wis glo niks van moordplanne
‘Sataniese ritueel’: Getuienis bevraagteken
‘Sataniese ritueel’: Slagoffer is “braaivleis” genoem 
‘Sataniese ritueel’: Kirsty was glo “prostituut” van die Bybel
‘Sataniese ritueel’: Bloed op ‘n brandende Bybel gestort
‘Sataniese ritueel’: Skokkende onthullings
‘Sataniese ritueel’: Slagoffer wou letsels in hof wys
‘Sataniese ritueel’: Kirsty wou glo geoffer word
‘Sataniese ritueel’: Ma’s, slagoffer se broer getuig
‘Sataniese ritueel’: Slagoffer se ma getuig
‘Sataniese ritueel’: Moordsaak hervat
Borgaansoek vir twee verdagtes in sataniese ritueelsaak
Meisie (18) aan die brand gesteek tydens ‘sataniese ritueel’

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

3 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.