Lees jy graag Maroela Media? Ondersteun ons met ʼn vrywillige finansiële bydrae.skenk nou
  • 20-1-2021
  • Kontak ons
  • Teken in Word deel
Maroela Media
Nuus
20 Januarie 2021
Kieslys 
  • Nuus
    • Alle nuus
    • SA nuus
    • Wêreldnuus
    • Geldsake
    • Nuuskommentaar
    • In diepte
    • Grondhervorming
    • Plaasaanvalle
    • Koronavirus
      • LUR veroordeel rooftog by gesondheidsentrum
      • Lisensiehouers gemaan om vir afsprake op te daag
      • plaas-polisie-veld Polisie sê oor ‘gebrek aan voertuig’ ná plaasaanval
      • Nasionale Beplanningskommissie sê SA boer agteruit
      • Margot Luyt sterf
  • Debat
    • Alle debatte
    • Rubrieke
    • Redakteursbrief
    • Meningsvormers
    • Só sê die lesers
    • Nuuskommentaar
      • Afrikareg en eiendomsregte
      • 2021: Moed is die entstof vir vrees en onsekerheid
      • CDU in Duitsland kies nuwe partyleier
      • Die Chinese eeu het aangebreek
      • Capitol Hill – uit ’n ander hoek
  • Sport
    • Alle sportnuus
    • Rugby
    • Krieket
    • Gholf
    • Atletiek
      • Paine en leiding: Aussies bevraagteken kaptein se leierskap
      • Tendulkar in sy noppies met Kohli-lose Indië
      • Ervaring sorg vir Peterhansel-sukses tussen die duine
      • McGregor teen Poirier in UFC-geveg
      • Sony-Ope: Verhaal van Steele en Kirk
  • Kos
    • Alle kos
    • Drinkgoed
    • Gebak
    • Vleis en seekos
    • Soetgoed
    • Stuur jou familieresep
    • Resepteboeke
    • Hap-video’s
    • Vinnige resep-video’s
      • Resep: Limonade
      • Resep: Kaas-en-groenvy-tert
      • Vier vandag SA se geliefde rooibos
      • Resep-video: Vinnige viskoekies
      • Resep: Kruierys
  • Afrikaans
    • Alle afrikaans
    • Boeke
    • Gedigte
    • Idiome & uitdrukkings
    • Taalgebruik
    • Interessante woorde
    • Boek van die maand
      • Boekresensie: Uitvinders, planmakers en ander slimkoppe van Suid-Afrika
      • Woord: Sakkeroller
      • Boek: ‘Welkom by die museum – Anatomicum’
      • Video’s: Hans du Plessis tel Afrikaans onder die soetdorings op
      • Daniel Strauss wil ‘miljardêringesteldheid’ kweek met nuwe boek
  • Vreemd
    • Alle vreemdhede
      • Amerikaanse duif nou voortvlugtende in Australië
      • ‘Menslike oorskot’ toe eintlik ʼn aartappel
      • Vrou beboet ná sy met man aan leiband loop
      • Pa gekap wat seun se geboortedatum wou verander
      • Hoekom dié vrou 100 dae lank dieselfde rok gedra het
  • Goeie goed
    • Alle goeie goed
    • Goeie nuus
    • Ouerskap
    • Onderwys
    • Stiltetyd
    • ToekomsVenster
      • ToekomsVenster: ’n Gebroke wêreld
      • Namibiese damvlakke styg steeds, Neckartal-dam loop oor
      • Geen verlore skooltyd by die Wolkskool nie
      • Musiek maak harte vir landbou oop
      • Hanru wakker ná gevaarlike gewas verwyder is
  • Leefstyl
    • Alle leefstyl
    • Gesondheid
    • Mense
    • Motors
    • Reis
    • Só maak mens
    • Tuin
    • Voorkoms
      • Wiele2Wiele ry met Honda se WR-V 
      • Skep só ʼn stylvolle tuiskantoor
      • Video: Posttraumatiese gevolge van Covid-19
      • Sleeptoets: Pajero Sport ʼn puik sleepgenoot  
      • Nuwejaars­voor­nemens wat jou goed sal laat voel
  • Tegnologie
    • Alle tegnologie
    • Kragdag
      • WhatsApp staak eers deel van data
      • WhatsApp slaan vure dood oor nuwe beleid
      • Inskrywings vir SA se eerste slimfoonfotokompetisie nog welkom
      • Nuwe WhatsApp-regulasies: Kenners nie bekommerd
      • selfoon-pexels Hier is SA se beste selfoonnetwerk vir 2020
  • Vermaak
    • Alle vermaak
    • Flieks
    • Musiek
    • Doen-dinge
    • Top 20
    • Bekendes
    • Teater
    • Televisie
      • ‘Swartwater’ terug op die kassie
      • Musiek maak harte vir landbou oop
      • Bernice swaai weer die septer op Top-20
      • Vier vandag SA se geliefde rooibos
      • Daniel Strauss wil ‘miljardêringesteldheid’ kweek met nuwe boek
  • Radio
    • Alle radionuus
    • Uitsaaitye
    • Radiodramas
    • Podsendings
    • Briekaandraai
      • ToekomsVenster: ’n Gebroke wêreld
      • Wiele2Wiele ry met Honda se WR-V 
      • ToekomsVenster: My hulp kom van die Here
      • Luister in 3 minute: Hou die oog op belastings in 2021
      • Brandhout vir die oudag: ’n Kuiertjie in Italië se Cinque Terre
  • Kontak
    • stuur jou nuuswenk
    • stuur ‘n boodskap
    • ondersteun ons
    • adverteer
    • maroela-studiefonds
    • nuusbriewe
    • maroela op jou slimfoon
    • telegram-nuusflitse
    • kompetisies
    • winkel

Sataniese ritueel: Meisie wis glo nie van moordplanne

 29 April 2013
  Suné van Heerden

Hoe wil jy die artikel deel?

  • facebook
  • twitter
  • pinterest
  • whatsapp
  • e-pos

Kirsty Theologo se ma, Sylvia (links) en ‘n familielid, Liesha du Toit Foto: Werner Beukes/SAPA

Courtney Daniels sal glo ontken dat sy sataniese elemente tot ‘n ritueel, gebaseer op ‘n teksvers uit die Bybel, voorgestel het, het ‘n Johannesburgse hof Maandag gehoor.

“Daniels was nie van die plan om moord te pleeg bewus nie,” het haar prokureur Enrico Guarneri aan die hooggeregshofsitting in die Palm Ridge-landdroshof aan die Oos-Rand van Johannesburg gesê.

Daniels, Lindon Wagner, Harvey Isha en Robin Harwood word daarvan beskuldig dat hulle twee meisies tydens ‘n beweerde sataniese ritueel aan die brand gesteek het. Kirsty Theologo was 18 jaar oud toe sy en haar vriendin op 21 Oktober 2011 op ‘n koppie in die suide van Johannesburg vasgebind en aan die brand gesteek is nadat petrol oor hulle uitgegooi is. Theologo het in die hospitaal aan haar beserings beswyk, haar vriendin het die aanval oorleef.

Guarneri het gesê Daniels, wat tydens die voorval minderjarig was, was slegs bewus van ‘n ritueel waar ‘n geestelike wese ontbied sou word. Sy het glo nie geweet dat die groep beplan het om Theologo te vermoor nie.

Lester Moody, wat erken het dat hy die meisies aan die brand gesteek het, het teen die vier beskuldigdes getuig. Moody en Jeremy King het ‘n pleitooreenkoms met die staat aangegaan in ‘n poging om ‘n korter vonnis opgelê te word. Moody is tot 17 jaar tronkstraf gevonnis, waarvan vyf opgeskort is, vir sy rol in die moord.

“Jy het jou getuienis fabriseer weens die goeie ooreenkoms wat jy met die staat aangegaan het,” het Guarneri Maandag aan Moody gesê. Hy sê Daniels het nie, soos die hof verlede week aangehoor het, brandende kerse in die vorm van ‘n pentagram geplaas nie. Hy sê die hof sal binnekort hoor hoe Wagner die pentagram geteken het en die kerse op elk van die vyf punte geplaas het.

Hy het aan Moody gesê hy vind dit “vreemd” dat sy geskrewe verklaring nie ooreenstem met die getuienis wat hy in die hof gegee het nie. Hy sê dit is interessant dat sekere dinge, wat in King se verklaring as getuienis aangebied is, wat nie in Moody se verklaring was nie, nou as getuienis in die hof gehoor word. Hy wou by Moody weet waarom hy nie in sy geskrewe verklaring, wat by die polisie in die teenwoordigheid van sy prokureur, melding gemaak het van die “match-maker”-speletjie nie. Maroela Media het vroeër oor dié speletjie, wat met toiletpapier en vuurhoutjies gespeel word, berig. Klik hier om meer te lees.

Guarneri het weer die gebeure, wat uiteindelik in die ritueel geëindig het, met Moody bespreek, toe hy ontdek het dat Moody teenstrydige getuienis aanbied.

Moody het verlede week getuig dat Wagner voorgestel het dat Isha vir die moord blameer moet word. Moody het gesê Wagner het dit die Saterdag ná die ritueel voorgestel, toe hy en die vier beskuldigdes buite Wagner se ma se woonstel bymekaar gekom het.

Die hof het Maandag egter gehoor dat Wagner nié die voorstel aan die groep kon gemaak het nie, aangesien hy ten tye van die vergadering in die woonstel was. “Jy is die een wat die voorstel gemaak het,” het Guarneri gesê. Moody het dit ontken.

Guarneri sê toe sy kliënt aanvanklik gehoor het hoe Moody voorstel dat hulle Theologo moet offer, sy hom nie ernstig opgeneem het nie, aangesien hy soveel dagga gerook het. Hy sê Daniels het nie op die koppie agter die Linmeyer-swembad remvloeistof in Theologo en haar vriendin se drankies gegooi nie. Hy sê sy was nie bewus daarvan dat enigiemand anders in die groep planne beraam het om die twee meisies met remvloeistof te bedwelm nie. Guarneri sê toe Theologo ‘n slukkie geneem het, en gesê het dat dit vreemd proe, sy kliënt selfs voorgestel het dat Theologo gemmerbier daarby moet gooi om dit te verdun.

Moody het getuig dat Daniels te bang was om haar hand te sny sodat sy, tydens die ritueel, bloed op ‘n brandende Bybel kon stort. Hy het getuig dat sy haar hand vir Wagner gegee het wat toe haar palm gesny, en bloed oor die Bybel gedrup het. Guarneri sê dit is nie die waarheid nie, aangesien Wagner kragdadig sy kliënt se hand gegryp en dit gesny het.

Guarneri sê voordat die meisies aan die brand gesteek is, het Wagner Theologo se vriendin gewurg en vir die res van die groep gesê sy is dood. Daniels het toe glo na die meisie gegaan, haar pols probeer kry, en bevind dat sy steeds lewe. Sy het glo vir Wagner gejok en ingestem dat die meisie dood is, sodat hy haar moet uitlos.

Moody sê hy onthou nie hierdie weergawe van die gebeure nie. Hy sê hy het nooit planne gehad om te jok nie, aangesien dit meer probleme vir hom op die hals sal haal.

Die saak duur Dinsdag voort.

Lees ook:
Sataniese ritueel: Getuienis bevraagteken
‘Sataniese ritueel’: Slagoffer is “braaivleis” genoem
‘Sataniese ritueel’: Kirsty was glo “prostituut” van die Bybel
‘Sataniese ritueel’: Bloed op ‘n brandende Bybel gestort
Sataniese ritueel: Skokkende onthullings
Sataniese ritueel: Slagoffer wou letsels in hof wys
Sataniese ritueel: Kirsty wou glo geoffer word
‘Sataniese ritueel’: Ma’s, slagoffer se broer getuig
‘Sataniese ritueel’: Slagoffer se ma getuig
‘Sataniese ritueel’: Moordsaak hervat
Borgaansoek vir twee verdagtes in sataniese ritueelsaak
Meisie (18) aan die brand gesteek tydens ‘sataniese ritueel’

Deel van: Nuus, SA-nuus
 Kirsty Theologo moorde ritueel satanies

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

vorige artikel

‘Modimolle-monster’: “Ons is gedwing”

volgende artikel

Storm oor Mandela-handelsmerk

Het jy gehoor?

Gedagte vir die dag: Nuutgemaak

Geen verlore skooltyd by die Wolkskool nie

Ervaring sorg vir Peterhansel-sukses tussen die duine

‘Swartwater’ terug op die kassie

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

Teken In

Jou wagwoord vergeet?

Herstel jou wagwoord

Oeps! Het jy jou Maroela-fontein-wagwoord verloor? Geen probleem! Ons kan vir jou ’n skakel na jou e-pos toe stuur. Klik bloot op die skakel in daardie e-pos om ’n nuwe wagwoord te kies.

Ons weet jy verlang reeds na ons almal in Maroela-fontein.

Kanselleer

Word deel van Maroela-fontein

Registreer op die webwerf

Jou wagwoord is per e-pos aan jou gestuur. Kanselleer

Word deelTeken in

Nuus oor die koronavirus

Sien ook die regering se amptelike webwerf by sacoronavirus.co.za

Neutedop-nuusbrief

Ontvang die afgelope 24 uur se nuus in jou e-posbus, gratis!
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Video

  • Video: Posttraumatiese gevolge van Covid-19

Nou pra' jy

  • Afrikareg en eiendomsregte
  • 2021: Moed is die entstof vir vrees en onsekerheid
  • CDU in Duitsland kies nuwe partyleier
  • Tuis
  • Nuus
  • Debat
  • Sport
  • Kos
  • Afrikaans
  • Vreemdhede
  • Goeie goed
  • Leefstyl
  • Tegnologie
  • Vermaak
  • Radio
  • Kontak ons
  • Stuur jou nuuswenk
  • Maroela op jou slimfoon
  • Nuusbriewe
  • Nuusflitse op Telegram
  • Kompetisies
  • Oor ons
  • Ondersteun ons
  • Adverteer
  • Maroela-studiefonds
  • Werk vir Maroela
Maroela Media is ʼn Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela-gemeenskap wil wees. Maroela Media se Christelike karakter is die kern van ons redaksionele beleid. Die beste van alles? Dis gratis!
IAB

Maroela Media is deel van die Solidariteit Beweging. Bepalings en voorwaardes geld. © 2011 - 2021 Maroela Media.

  • Tuis
  • Nuus
  • Debat
  • Geldsake
  • Sport
  • Kos
  • Afrikaans
  • Vreemdhede
  • Goeie goed
  • Leefstyl
  • Tegnologie
  • Vermaak
  • Radio
  • Koronavirus
  • Winkel
  • Ondersteun ons
  • Oor ons
  • Kontak ons