Die neefs Lindon Wagner en Robin Harwood wat verlede week swaar gevonnis is vir die moord op Kirsty Theologo, se aansoek om verlof tot appèl is Dinsdag in die hooggeregshofsitting in Palm Ridge goedgekeur.
Die twee veroordeeldes was nie in die hof gewees toe die aansoek goedgekeur is nie. Die saak is na die Johannesburgse hooggeregshof oorgeplaas.
“Ons weet nog nie wanneer die saak aangehoor gaan word nie, die datum sal later bepaal word,” het Gail Sidwell, Harwood se prokureur, aan SAPA gesê.
Wagner is verlede Woensdag tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord op Theologo. Hy is ook tot 18 jaar tronkstraf gevonnis op aanklag van poging tot moord op haar vriendin. Harwood is tot 20 jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op Theologo en ʼn verdere 20 jaar vir poging tot moord op haar vriendin.
Regter Geraldine Borchers het in haar uitspraak gesê Wagner het ʼn meer aktiewe rol in die moord gespeel. “Hy was bereid om onder eed te lieg en het aanspreeklikheid vir sy dade ontken.” Borchers sê Wagner was ouer as 21 ten tyde van die moord. Sy sê dit sou te streng wees om Harwood tot lewenslange tronkstraf te vonnis, aangesien hy ten tyde van die voorval ʼn jeugdige en onvolwasse was.
Theologo is in Oktober 2011 in die hospitaal dood nadat sy op ‘n koppie in Linmeyer, Johannesburg, tydens ʼn sataniese ritueel aangerand en aan die brand gesteek is. Haar 14-jarige vriendin is ook aangerand, maar het die aanval oorleef. – SAPA
Lees ook:
Sataniese ritueel: Neefs gaan appelleer
Neefs swaar gestraf vir moord tydens sataniese ritueel
Sataniese ritueel: Vonnisoplegging duur voort
Sataniese ritueel: Twee ander skuldiges vandag gevonnis
“Ek wens ek kon haar help,” sê broer
“Sataniese ritueel”: Skuldiges vandag gevonnis
“Sataniese-ritueel”: Uitspraak gelewer
‘Sataniese-ritueel’: Slotbetoë word gelewer
‘Sataniese ritueel’: Meesterbrein glo “emosioneel onvolwasse”
‘Sataniese ritueel’: Beskuldigde het glo God gevind
‘Sataniese ritueel’: Hof hoor hulle wou siele verkoop
‘Sataniese ritueel’: Regter siek, saak uitgestel
‘Sataniese ritueel’: Beskuldigde het mag gesoek
‘Sataniese ritueel’: Getuienis bevraagteken
‘Sataniese ritueel’: Theologo se saak uitgestel
‘Sataniese ritueel’: Kirsty is twee keer gewurg
‘Sataniese ritueel’: Theologo se aanvaller getuig
‘Sataniese ritueel’: “Ek is nie die dier nie”
‘Sataniese ritueel’: Meisie wis glo niks van moordplanne
‘Sataniese ritueel’: Getuienis bevraagteken
‘Sataniese ritueel’: Slagoffer is “braaivleis” genoem
‘Sataniese ritueel’: Kirsty was glo “prostituut” van die Bybel
‘Sataniese ritueel’: Bloed op ‘n brandende Bybel gestort
‘Sataniese ritueel’: Skokkende onthullings
‘Sataniese ritueel’: Slagoffer wou letsels in hof wys
‘Sataniese ritueel’: Kirsty wou glo geoffer word
‘Sataniese ritueel’: Ma’s, slagoffer se broer getuig
‘Sataniese ritueel’: Slagoffer se ma getuig
‘Sataniese ritueel’: Moordsaak hervat
Borgaansoek vir twee verdagtes in sataniese ritueelsaak
Meisie (18) aan die brand gesteek tydens ‘sataniese ritueel’