Lees jy graag Maroela Media? Ondersteun ons met ʼn vrywillige finansiële bydrae.skenk nou
  • 25-6-2022
  • Kontak ons
  • Teken in Word deel
Maroela Media
Nuus
25 Junie 2022
  • Nuus
    • sa-nuus
    • wêreldnuus
    • geldsake
    • nuuskommentaar
    • in diepte
    • grondhervorming
    • plaasaanvalle
    • covid-19
    • rusland-oekraïne-konflik
  • Goeie goed
    • goeie nuus
    • stiltetyd
    • Toekomsvenster
  • Sport
    • rugby
    • krieket
    • gholf
    • atletiek
    • ander sport
  • Landbou
    • landbounuus
    • landboutegnologie
    • produksie
    • markaanwysers
    • weer
    • promosies
  • Debat
    • rubrieke
    • redakteursbrief
    • meningsvormers
    • só sê die lesers
    • nuuskommentaar
  • Kos
    • drinkgoed
    • gebak
    • vleis en seekos
    • bykosse
    • soetgoed
    • resep-video’s
    • resepteboeke
    • smul-video’s
    • stuur jou familieresep
  • Afrikaans
    • boeke
    • gedigte
    • idiome en uitdrukkings
    • taalgebruik
    • interessante woorde
    • boek van die maand
    • #HoeNou?!
  • Vreemd
  • Leefstyl
    • gesondheid
    • mense
    • motors
    • ouerskap
    • reis
    • só maak mens
    • tegnologie
    • troeteldiere
    • tuin
    • voorkoms
  • Vermaak
    • flieks
    • musiek
    • doen-dinge
    • bekendes
    • teater
    • televisie
    • top-20
  • Radio
    • radiodramas
    • podsendings
    • Operasie Umbra
    • Hoor hier – Lizz Meiring
    • #HoeNou?!
    • radiostasies
  • Kontak ons
    • stuur ’n nuuswenk
    • stuur ’n boodskap
    • nuusbriewe
    • ondersteun Maroela Media só
    • adverteer
    • maroela-studiefonds
    • maroela op jou slimfoon
    • telegram-nuusflitse
    • kompetisies
    • winkel
    • oor ons

‘Sataniese ritueel’: Slagoffer is “braaivleis” genoem

 26 April 2013
  Suné van Heerden

    Hoe wil jy die artikel deel?

    • facebook
    • twitter
    • pinterest
    • whatsapp
    • telegram
    • epos

Kirsty Theologo

Daar is glo na Kirsty Theologo as “braaivleis” verwys toe haar moord in ʼn beweerde sataniese ritueel beplan is.

Theologo was teenwoordig toe dit gebeur het, het Lester Moody, wat skuld op die moord beken het, Vrydag in die hooggeregshofsitting in die Palm Ridge-landdroshof getuig.

Moody sê dié kodewoord is die Donderdag voor die noodlottige ritueel op 21 Oktober 2011 tydens ʼn vergadering gebruik. Die vergadering is gereël om die besonderhede van haar moord te bespreek.

Moody, wat ʼn pleitooreenkoms met die staat aangegaan het, getuig tans teen Lindon Wagner, Robin Harwood, Harvey Isha en Courtney Daniels. Hy is tot 17 jaar tronkstraf, waarvan vyf opgeskort is, gevonnis vir sy rol in die moord. Die vier beskuldigdes het onskuldig gepleit op aanklagte van moord, poging tot moord en aanranding met die doel om ernstige liggaamlike skade aan te rig.

Die 18-jarige Theologo is op ʼn koppie agter die Linmeyer-swembad aan die suide van Johannesburg aan die brand gesteek nadat petrol oor haar uitgegooi is. Sy het ʼn week later in die Chris Hani Baragwanath-hospitaal aan haar wonde beswyk. Haar vriendin het ook gebrand, maar het die aanval oorleef.

Regter Geraldine Borchers wou Vrydag by Moody weet hoe die groep die moord in die slagoffer se teenwoordigheid kon bespreek. Hy het gesê hulle het in kodetaal gepraat. “Daar was ʼn manier om met haar daaroor te praat…” het hy bygevoeg. Die hof het gehoor Theologo is ingelig dat daar ʼn braai gaan wees en dat sy uitgenooi is. Moody sê dat, alhoewel Theologo gesê het sy moet geoffer word, die groep haar nie meegedeel het dat hulle beplan om haar die volgende dag te offer nie.

Moody het Donderdag gesê hy het sy gevoelens van berou tydens die ritueel ignoreer. “Hoe lank nadat jy ná die ritueel weggehardloop het, het jy jammer begin voel?” wou Enrico Guarneri, advokaat vir die verdediging, gevra. “Vandat sy gesê het sy vertrou my,” het Moody geantwoord.

Moody het Woensdag gesê Theologo het vir hom gesê sy vertrou hom.

“Was dit berou toe jy haar wou gaan “doodmaak”? het Guarneri gevra. Moody het vroeër gesê hy wou na die koppie teruggaan om ʼn selfoon te gaan haal, en nie om Theologo te gaan doodmaak nie. Hy het aan die hof gesê Wagner het gesê hy wil teruggaan om haar te gaan doodmaak.

Borchers wou by Moody weet of hy sou teruggaan om Theologo te gaan doodmaak en om die selfoon te gaan haal. “Ja,” het hy geantwoord. “Maar hoe berouvol is dit?” het sy gevra. “Dis nie dat ek nie skuldig gevoel het nie. Toe sy met ʼn klip getref is, was dit te laat om om te draai.” Moody het gesê Wagner het Theologo met ʼn groot klip geslaan, maar Harwood het hom gevra om daarmee op te hou.

Moody sê Wagner het sy mes uitgehaal en in ʼn aanvalsposisie gehou en aan Harwood gesê: “Dis te laat om dit nou te stop.”

Hy het vroeër aan die hof gesê dat die ritueel aanvanklik op Openbaring 17 baseer is. Hy sê ʼn sataniese ster is die dag voor die ritueel bygevoeg. Dit was Daniels se idee om dit in te sluit en die groep het ingestem. “Die idee dat ons ons hande sou sny was Lindon se idee,” het Moody gesê.

Die saak duur voort.

Lees ook:
‘Sataniese ritueel’: Kirsty was glo “prostituut” van die Bybel
‘Sataniese ritueel’: Bloed op ‘n brandende Bybel gestort
Sataniese ritueel: Skokkende onthullings
Sataniese ritueel: Slagoffer wou letsels in hof wys
Sataniese ritueel: Kirsty wou glo geoffer word
‘Sataniese ritueel’: Ma’s, slagoffer se broer getuig
‘Sataniese ritueel’: Slagoffer se ma getuig
‘Sataniese ritueel’: Moordsaak hervat
Borgaansoek vir twee verdagtes in sataniese ritueelsaak
Meisie (18) aan die brand gesteek tydens ‘sataniese ritueel’

Deel van: Nuus, SA-nuus
 Kirsty Theologo ritueel satanies

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

vorige artikel

Vier met ‘verlof’ weens seksuele teistering

volgende artikel

Planne vir Wes-Kaapse plase

Het jy gehoor?

Resep-video: Vrolike witsjokoladeblokkies

Agbiz hou koers deur die storm

Wawrinka sê ook Nadal kan Wimbledon wen

Woord: spekskiet

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

Teken In

Jou wagwoord vergeet?

Herstel jou wagwoord

Oeps! Het jy jou Maroela-fontein-wagwoord verloor? Geen probleem! Ons kan vir jou ’n skakel na jou e-pos toe stuur. Klik bloot op die skakel in daardie e-pos om ’n nuwe wagwoord te kies.

Ons weet jy verlang reeds na ons almal in Maroela-fontein.

Kanselleer

Word deel van Maroela-fontein

Registreer op die webwerf

Jou wagwoord is per e-pos aan jou gestuur. Kanselleer

Word deelTeken in

Peiling

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuus oor die koronavirus

Sien ook die regering se amptelike webwerf by sacoronavirus.co.za

Neutedop-nuusbrief

Ontvang die afgelope 24 uur se nuus in jou e-posbus, gratis!
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.
  • Tuis
  • Nuus
  • Goeie goed
  • Sport
  • Landbou
  • Geldsake
  • Debat
  • Kos
  • Afrikaans
  • Vreemdhede
  • Leefstyl
  • Vermaak
  • Radio
  • Weer
  • Markaanwysers
  • Finansiële aanwysers
  • Stuur jou nuuswenk
  • Maroela op jou slimfoon
  • Nuusbriewe
  • Nuusflitse op Telegram
  • Kompetisies
  • Oor ons
  • Kontak ons
  • Werk vir Maroela
  • Ondersteun ons
  • Adverteer
  • Maroela-studiefonds
  • Weet - ensiklopedie vir skooltake
  • Skryfnet - kursusse in kreatiewe skryfkuns
Maroela Media is ʼn Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela-gemeenskap wil wees. Maroela Media se Christelike karakter is die kern van ons redaksionele beleid. Die beste van alles? Dis gratis!

© 2011 - 2022 Maroela Media. | Bepalings en voorwaardes | Privaatheidsbeleid | Koekies | Handleiding vir toegang tot inligting

Maroela Media is deel van die Solidariteit Beweging.

IAB PCSA
  • Tuis
  • Nuus
  • Goeie goed
  • Sport
  • Geldsake
  • Landbou
  • Debat
  • Kos
  • Afrikaans
  • Leefstyl
  • Vreemdhede
  • Vermaak
  • Radio
  • Covid-19
  • Rusland-Oekraïne-konflik
  • Kompetisies
  • Weer
  • Winkel
  • Ondersteun ons
  • Oor ons
  • Kontak ons