Jeremy King (20) wat skuld beken het op die moord van Kirsty Theologo tydens ‘n beweerde sataniese ritueel, het Donderdag in die hooggeregshofsitting in die Palm Ridge-landdroshof getuig.
King getuig tans teen vier ander jeugdiges wat van deelname aan die ritueel beskuldig word. King het die grootste gedeelte van Donderdag spandeer om sy weergawe van die gebeure, wat tot die voorval gelei het, te vertel.
Die saak is tot Vrydag uitgestel net voordat kruisverhoor kon begin.
Theologo (18) en haar vriendin is op 21 Oktober 2011 op ‘n koppie in die suide van Johannesburg vasgebind en aan die brand gesteek nadat petrol oor hulle uitgegooi is. Theologo het later in die hospitaal aan haar beserings beswyk, maar haar vriendin, wat ten tye van die voorval 14 jaar oud was, het oorleef.
King en Lester Moody het skuld beken op die misdaad en is beide tot 17 jaar tronkstraf, waarvan vyf jaar opgeskort is, gevonnis.
Lees ook:
‘Sataniese ritueel’: “Ek is nie die dier nie”
‘Sataniese ritueel’: Meisie wis glo niks van moordplanne
‘Sataniese ritueel’: Getuienis bevraagteken
‘Sataniese ritueel’: Slagoffer is “braaivleis” genoem
‘Sataniese ritueel’: Kirsty was glo “prostituut” van die Bybel
‘Sataniese ritueel’: Bloed op ‘n brandende Bybel gestort
‘Sataniese ritueel’: Skokkende onthullings
‘Sataniese ritueel’: Slagoffer wou letsels in hof wys
‘Sataniese ritueel’: Kirsty wou glo geoffer word
‘Sataniese ritueel’: Ma’s, slagoffer se broer getuig
‘Sataniese ritueel’: Slagoffer se ma getuig
‘Sataniese ritueel’: Moordsaak hervat
Borgaansoek vir twee verdagtes in sataniese ritueelsaak
Meisie (18) aan die brand gesteek tydens ‘sataniese ritueel’