Sataniese ritueel: Twee ander skuldiges vandag gevonnis

Kirsty Theologo

Kirsty Theologo

Lindon Wagner en Robin Harwood, wat verlede jaar skuldig bevind is aan moord, poging tot moord en aanranding op Kirsty Theologo tydens ʼn sataniese ritueel, gaan na verwagting Dinsdag in die Johannesburgse hooggeregshofsitting in Palm Ridge gevonnis word.

Theologo is in Oktober 2011 in die hospitaal dood nadat sy op ‘n koppie in Linmeyer, Johannesburg, tydens die ritueel aan die brand gesteek en aangerand is. Haar 14-jarige vriendin is ook aangerand, maar het die aanval oorleef.

Ses mense is aanvanklik aangekla vir Theologo se moord en poging tot moord op haar vriendin. Harvey Isha is in November vrygespreek van alle aanklagte. Die enigste vrou in die groep, Courtney Daniels (18), is skuldig bevind aan aanranding nadat sy remvloeistof voor die aanval in die slagoffers se drankies gegooi het. Sy is tot ses maande tronkstraf gevonnis wat vir vyf jaar opgeskort is. Twee ander mans, Lester Moody en Jeremy King, het vroeër skuldig gepleit op hul rol in die moord en is elk 17 jaar tronkstraf opgelê, waarvan vyf jaar opgeskort is.

Lees ook:
“Ek wens ek kon haar help,” sê broer
“Sataniese ritueel”: Skuldiges vandag gevonnis
“Sataniese-ritueel”: Uitspraak gelewer
‘Sataniese-ritueel’: Slotbetoë word gelewer
‘Sataniese ritueel’: Meesterbrein glo “emosioneel onvolwasse”
‘Sataniese ritueel’: Beskuldigde het glo God gevind
‘Sataniese ritueel’: Hof hoor hulle wou siele verkoop
‘Sataniese ritueel’: Regter siek, saak uitgestel
‘Sataniese ritueel’: Beskuldigde het mag gesoek
‘Sataniese ritueel’: Getuienis bevraagteken
‘Sataniese ritueel’: Theologo se saak uitgestel
‘Sataniese ritueel’: Kirsty is twee keer gewurg
‘Sataniese ritueel’: Theologo se aanvaller getuig
‘Sataniese ritueel’: “Ek is nie die dier nie”
‘Sataniese ritueel’: Meisie wis glo niks van moordplanne
‘Sataniese ritueel’: Getuienis bevraagteken
‘Sataniese ritueel’: Slagoffer is “braaivleis” genoem 
‘Sataniese ritueel’: Kirsty was glo “prostituut” van die Bybel
‘Sataniese ritueel’: Bloed op ‘n brandende Bybel gestort
‘Sataniese ritueel’: Skokkende onthullings
‘Sataniese ritueel’: Slagoffer wou letsels in hof wys
‘Sataniese ritueel’: Kirsty wou glo geoffer word
‘Sataniese ritueel’: Ma’s, slagoffer se broer getuig
‘Sataniese ritueel’: Slagoffer se ma getuig
‘Sataniese ritueel’: Moordsaak hervat
Borgaansoek vir twee verdagtes in sataniese ritueelsaak
Meisie (18) aan die brand gesteek tydens ‘sataniese ritueel’

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.