“Sataniese-ritueel”: Uitspraak gelewer

Sylvia Theologo sê na die hofuitspraak sy is tevrede. Foto: JacaNews / Twitter

Sylvia Theologo sê na die hofuitspraak sy is tevrede. Foto: JacaNews / Twitter

Twee van die vier mense wat daarvan aangekla is dat hulle Kirsty Theologo vermoor het, is Donderdag skuldig bevind aan moord, poging tot moord en aanranding.

Linden Wagner en Robin Harwood is skuldig bevind op al drie aanklagte in die Johannesburgse hooggeregshofsitting in Palm Ridge. Hulle moet nog gevonnis word.
Harvey Isha is vrygespreek van alle aanklagte terwyl Courtney Daniels skuldig bevind is aan aanranding.

Daniels is skuldig bevind nadat dit aan die lig gekom het dat sy remvloeistof in Theologo en haar vriendin se drankies gegooi het.
Daniels is vir ses maande tronkstraf gevonnis wat vir vyf jaar opgeskort is op voorwaarde dat sy nie weer aan aanranding skuldig bevind word nie.

Lees ook:
‘Sataniese-ritueel’: Slotbetoë word gelewer
‘Sataniese ritueel’: Meesterbrein glo “emosioneel onvolwasse”
‘Sataniese ritueel’: Beskuldigde het glo God gevind
‘Sataniese ritueel’: Hof hoor hulle wou siele verkoop
‘Sataniese ritueel’: Regter siek, saak uitgestel
‘Sataniese ritueel’: Beskuldigde het mag gesoek
‘Sataniese ritueel’: Getuienis bevraagteken
‘Sataniese ritueel’: Theologo se saak uitgestel
‘Sataniese ritueel’: Kirsty is twee keer gewurg
‘Sataniese ritueel’: Theologo se aanvaller getuig
‘Sataniese ritueel’: “Ek is nie die dier nie”
‘Sataniese ritueel’: Meisie wis glo niks van moordplanne
‘Sataniese ritueel’: Getuienis bevraagteken
‘Sataniese ritueel’: Slagoffer is “braaivleis” genoem 
‘Sataniese ritueel’: Kirsty was glo “prostituut” van die Bybel
‘Sataniese ritueel’: Bloed op ‘n brandende Bybel gestort
‘Sataniese ritueel’: Skokkende onthullings
‘Sataniese ritueel’: Slagoffer wou letsels in hof wys
‘Sataniese ritueel’: Kirsty wou glo geoffer word
‘Sataniese ritueel’: Ma’s, slagoffer se broer getuig
‘Sataniese ritueel’: Slagoffer se ma getuig
‘Sataniese ritueel’: Moordsaak hervat
Borgaansoek vir twee verdagtes in sataniese ritueelsaak
Meisie (18) aan die brand gesteek tydens ‘sataniese ritueel’

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Sarie van Niekerk ·

Dit is ‘n belaglike skuldigbevinding. Poging tot moord en aanranding!! Wat van moord. Die kind is koelbloedig vermoor die beskuldigdes moes immer voorsien het dat sy sal doodgaan as hulle haar vol brandstof gooi en aan die brand steek. Ek dink dit is belaglik

leon ·

Kan jy dit glo. Opgeskorte vonnis vir iemand wat rem vloeistof in iemand se drankie gooi. Dis net eenvoudig ongelooflik. Dis hoekom die land so agteruit gegaan het.

Trippie ·

Ek het netnou na die moeder se rou snikke geluister … ai, hartverskeurend.

Glo nie mens sal OOIT daaroor kom nie, VERAL nie na so WREDE dood nie.

***

Op ‘n ander noot – moet julle ook met ELKE repliek gelewer van vooraf naam en e-pos besonderhede voltooi – DIS BAIE LASTIG.

GROETE – T

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.