Sataniese ritueel: Vonnisoplegging duur voort

Die nefies, Lindon Wagner (Links) en Robin Harwood. Foto: Werner Beukes / SAPA

Die nefies, Lindon Wagner (Links) en Robin Harwood. Foto: Werner Beukes / SAPA

Die twee nefies, Lindon Wagner en Robin Harwood, wat verlede jaar skuldig bevind is aan moord, poging tot moord en aanranding op Kirsty Theologo tydens ʼn sataniese ritueel, se vonnisoplegging gaan Woensdag voort in die Johannesburgse hooggeregshofsitting in Palm Ridge.

Die hof het Dinsdag aangehoor dat Wagner en Harwood slegs vir hulself jammer is, en nie vir een van hul slagoffers nie. “Hulle kry hulself jammer omdat hulle tronk toe moet gaan, hulle toon geen berou oor wat hulle aan hulle slagoffers gedoen het nie,” het staatsaanklaer Carina Coetzee gesê.

Theologo is in Oktober 2011 in die hospitaal dood nadat sy op ‘n koppie in Linmeyer, Johannesburg, tydens die ritueel aangerand en aan die brand gesteek is. Haar 14-jarige vriendin is ook aangerand, maar het die aanval oorleef.

Ses mense is aanvanklik aangekla vir Theologo se moord en poging tot moord op haar vriendin. Harvey Isha is in November vrygespreek van alle aanklagte. Die enigste vrou in die groep, Courtney Daniels (18), is skuldig bevind aan aanranding nadat sy voor die aanval remvloeistof in die slagoffers se drankies gegooi het. Sy is tot ses maande tronkstraf gevonnis wat vir vyf jaar opgeskort is. Twee ander mans, Lester Moody en Jeremy King, het vroeër skuldig gepleit op hul rol in die moord en is elk 17 jaar tronkstraf opgelê, waarvan vyf jaar opgeskort is. -SAPA

Lees ook:
Sataniese ritueel: Twee ander skuldiges vandag gevonnis
“Ek wens ek kon haar help,” sê broer
“Sataniese ritueel”: Skuldiges vandag gevonnis
“Sataniese-ritueel”: Uitspraak gelewer
‘Sataniese-ritueel’: Slotbetoë word gelewer
‘Sataniese ritueel’: Meesterbrein glo “emosioneel onvolwasse”
‘Sataniese ritueel’: Beskuldigde het glo God gevind
‘Sataniese ritueel’: Hof hoor hulle wou siele verkoop
‘Sataniese ritueel’: Regter siek, saak uitgestel
‘Sataniese ritueel’: Beskuldigde het mag gesoek
‘Sataniese ritueel’: Getuienis bevraagteken
‘Sataniese ritueel’: Theologo se saak uitgestel
‘Sataniese ritueel’: Kirsty is twee keer gewurg
‘Sataniese ritueel’: Theologo se aanvaller getuig
‘Sataniese ritueel’: “Ek is nie die dier nie”
‘Sataniese ritueel’: Meisie wis glo niks van moordplanne
‘Sataniese ritueel’: Getuienis bevraagteken
‘Sataniese ritueel’: Slagoffer is “braaivleis” genoem 
‘Sataniese ritueel’: Kirsty was glo “prostituut” van die Bybel
‘Sataniese ritueel’: Bloed op ‘n brandende Bybel gestort
‘Sataniese ritueel’: Skokkende onthullings
‘Sataniese ritueel’: Slagoffer wou letsels in hof wys
‘Sataniese ritueel’: Kirsty wou glo geoffer word
‘Sataniese ritueel’: Ma’s, slagoffer se broer getuig
‘Sataniese ritueel’: Slagoffer se ma getuig
‘Sataniese ritueel’: Moordsaak hervat
Borgaansoek vir twee verdagtes in sataniese ritueelsaak
Meisie (18) aan die brand gesteek tydens ‘sataniese ritueel’

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.