Satanisme laat hom glo moor

ʼn Man wat beweer hy is ʼn satanis het Maandag in die Eshowe-landdroshof in KwaZulu-Natal verskyn in verband met die moord op ʼn sesjarige familielid.

Kapt. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, sê die 20-jarige Wiseman Tholelani Shandu sal weer op 14 Februarie in die hof verskyn. Shandu is Vrydag in hegtenis geneem in verband met die moord op Nokubonga Mhlongo. Sy het in Desember vermis geraak en haar ontbinde lyk is Vrydag langs ʼn rivier in Eshowe ontdek nadat Shandu die toneel aan die polisie uitgewys het. Zwane sê Shandu beweer dat hy saam met twee vriende was toe Mhlongo by hulle by die rivier aangesluit het. Mhlongo is vermoor en haar liggaam is langs die rivier gelos. Zwane sê Sandu beweer hy is deel van ‘n satanistiese groep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.