SAUK-base bedank

Die presidensie het Maandag bevestig dat hy ʼn gesamentlike bedanksbrief van die voorsitter van die SAUK-raad, Ben Ngubane, en sy adjunk, Thami ka Plaatjie, ontvang het.

“Die president besluit of hy die bedankings gaan aanvaar of nie,” het Mac Maharaj, die president se woordvoerder, gesê.

Dina Pule, minister van kommunikasie, het die twee probeer oorreed om hul bedankings terug te trek en eerder die raad sover te probeer kry om sy interne geskille op te los.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.