Die SAUK het ʼn geselsprogram oor Mangaung op Metro FM gekanselleer, enkele minute voor dit sou begin het.
Mail & Guardian berig dat die program se aanbieder Sakina Kamwendo drie joernaliste, Sam Mkokeli van Business Day, S’thembiso Msomi van Sunday Times en Andrew England van die Financial Times, genooi het om aan die program oor die opkomende ANC verkiesingskonferensie in Mangaung deel te neem. Kamwendo het egter enkele minute voor hulle met die program sou begin het aan die joernaliste gesê “hoër magte” het haar beveel om nie met die program voort te gaan nie. Die SAUK se woordvoerder, Kaizer Kganyago, kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie. Die voorval kom nadat die SAUK verlede week ‘n vis-en-skyfie-advertensie wat president Jacob Zuma en sy gesin uitbeeld, verbied het.
Lees meer hier.