SAUK nie meer in Zimbabwe te sien

Sentech, die seinverspreider vir die Suid-Afrikaanse uitsaaisektor, het die sein van die SAUK se televisiekanale na Zimbabwe geblok, het Business Day Woensdag berig.

Dié stap het veroorsaak dat Zimbabwiërs nie meer toegang tot die SAUK se drie gratis uitsaaikanale het nie en slegs televisieprogramme van die land se staatsuitsaaier, Zimbabwean Broadcasting Corporation (ZBC), kan kyk.

Volgens die berig het die hooggeregshof in Johannesburg Sentech verlede jaar beveel om die sein na Zimbabwe te kodeer. Dit volg nadat eTV se filiaal, eBotswana, dieselfde hof versoek het om die sein in 2011 te dekodeer, om die groeiende tempo van roofkykers in die land te bekamp.

Sentech kon nie vir kommentaar bereik word nie.

SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.