SAUK: R700 miljoen op plaaslike inhoud

Die SAUK het die afgelope jaar meer as R700 miljoen aan plaaslike inhoud spandeer, het The Star Dinsdag berig.

Dina Pule, minister van kommunikasie, het in ʼn skriftelike reaksie op ʼn vraag in die parlement bekendgemaak hoeveel die SAUK aan plaaslike inhoud spandeer het. Juli Killian, LP van Congress of the People (Cope) het die vraag aan haar gestel.

Die statistiek toon dat die minste geld aan dokumentêre, opvoeding en kinderprogramme spandeer is.

Die SAUK het in 2012 kontrakte van R758 miljoen toegeken. Die grootste bedrag is aan dramaprogramme (R282 miljoen) spandeer, in vergelyking met sport (R114 miljoen), opvoeding (R57 miljoen) en kinderprogramme (R56 miljoen).

The Star berig dat die Suid-Afrikaanse Skermfederasie onlangs die Onafhanklike Kommunikasieowerheid van Suid-Afrika met regstappe gedreig het om dit te dwing om te verduidelik waarom hy nie die SAUK se plaaslike programinhoud gemonitor het nie. Die federasie sê ʼn tekort aan monitering het daartoe gelei dat daar al hoe meer staatgemaak is op “dieselfde herwinde, hoofsaaklike Amerikaanse reekse” en “ʼn dramatiese toename in herharling van plaaslike reekse en rolprente van 10 jaar gelede”.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.