SAUK se 24-uur-nuuskanaal op DStv

Die SAUK het ‘n ooreenkoms met Multichoice aangegaan om sy 24-uur-nuuskanaal op DStv uit te saai.

“Die kanaal onderneem onder andere om ‘n geleentheid te skep om sy openbarediensmandaat te bevorder en sy fokus op provinsiale stories en die verskillende amptelike tale uit te brei,” het hlaudi Motsoeneng, hoof operatiewe beampte van die SAUK, in ‘n verklaring gesê.

“Ons is baie opgewonde oor hierdie vennootskap met Multichoice, aangesien dit Suid-Afrikaanse nuusstories aan ‘n plaaslike en internasionale gehoor sal blootstel.”

Die kanaal sal op 1 Augustus deur Lulama Mokhobo, hoof uitvoerende beampte van die SAUK-groep, bekendgestel word.

“Die nuuskanaal sal veral diversiteit in ons nuusprogramme bring, aangesien ons ons gehoor aan verskillende menings en nuus uit ‘n Afrika-perspektief kan blootstel,” het Imtiaz Patel, hoof uitvoerende beampte van die Multichoice SA-groep, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Kaspaas ·

Hoe toevallig, met ‘n verkiesing aan die kom. Nou kan die hele Afrika die ANC propaganda sien.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.