SAUK sensor glo negatiewe Zuma-beriggewing

Pres. Jacob Zuma

Pres. Jacob Zuma

Die Right2Know (R2K)-veldtog en SOS Koalisie het Dinsdag beweer werknemers van die SAUK is aangesê om nie enige berigte uit te saai waarin pres. Jacob Zuma versoek word om te bedank nie.

“Dit is eenvoudig die jongste saak van politiek-gemotiveerde inmengery in redaksionele onafhanklikheid by die staatsuitsaaier,” het Mark Weinberg, woordvoerder van R2K, in ʼn verklaring gesê. “Dit maak ʼn bespotting van die beginsel van vryheid van uitdrukking in die media en onder burgers in die algemeen.”

Kaizer Kganyago, woordvoerder vir die SAUK, het die bewering ontken. “Daar was glad nie só ʼn opdrag nie. Mense vertolk dinge op hul eie manier,” het Kganyago gesê. “Die joernaliste is net aangesê om nie net een kant van die saak te bevorder nie, maar om die storie te balanseer. Hulle [joernaliste] het ʼn geruime tyd spandeer om oor een kant van die storie te berig, sonder om Zuma se kant van die saak te hoor.”

Weinberg sê die mediavakbond Bemawu het die organisasies ingelig oor dit wat by die SAUK gebeur. Volgens Bemawu het van sy lede Vrydag die opdrag ontvang toe hulle van die National Union of Metalworkers (Numsa) se spesiale konferensie af teruggekeer het. Numsa het tydens die konferensie versoek dat Zuma moet bedank.

Bemawu was nie vir kommentaar beskikbaar nie.

City Press het vroeër vandeesmaand berig dat die SAUK uitsendings waar Zuma tydens Mandela se gedenkdiens uitgejou is, verbied het. Die skare het Zuma uitgejou toe hy by die ENB-stadion opgedaag het en telkens wanneer sy gesig op die grootskerm gewys is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Chris ·

SAUK, kry julle feite agtermekaar. Daar is ooreengekom dat julle glad nie valse publikasie oor Zuma sal meegee tot na die verkiesing nie.

Zuma sien sy g.t op verskeie pleke huidiglik.

AmY ·

Ag moenie te veel bekommer daaroor nie. Sy reputasie loop hom al lankal veeeeer vooruit.

Peter Says ·

Dit kos net een donker wolk om n ster wat skitter te verskans. Sy dae is getel…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.