SAUK stel sy 24 uur-nuuskanaal bekend

President Jacob Zuma gaan vandag [Donderdag] amptelik die SAUK se 24 uur-nuuskanaal bekend stel.

Die presidensie het Donderdag gesê die SAUK reageer op die toenemende aanvraag vir ontvouende nuusgebeure van nasionale en internasionale belang. Dit sal ook ʼn stem en platform verskaf aan alle Suid-Afrikaners in landelike en stedelike gebiede.

Die president sal tydens die geleentheid ʼn toespraak lewer, waarna hy regstreeks ʼn onderhoud sal voer oor bestaande kwessies in Suid-Afrika, die vasteland van Afrika en die wêreld.

Die president sal om 18:00 dié onderhoud voer. Die uitsendings kan kanaal 404 op DStv gekyk word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Kaspaas ·

Die bekendste ANC propaganda kanaal word nou 24×7. Is daar nie dalk ‘n verkiesing aan die kom volgende jaar in Zumatopia nie ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.