SAUK wil eie dokumentêr nie uitsaai nie

Die SAUK het die hof genader om te verhoed dat ʼn dokumentêr uitgesaai word wat hy self laat vervaardig het, het The Star Vrydag berig.

Die dokumentêr bevat glo bewerings van ʼn gebrek aan optrede deur die regering om miljarde rande belastinggeld op te spoor wat glo deur bankiers, politici en beamptes uit die apartheidsera verduister is.

Sylvia Vollenhoven, vryskutjoernalis, het die dokumentêr genaamd “Project Spear” vir ʼn reeks Truth be Told in 2011 in opdrag van die SAUK gemaak.

Die SAUK het nou ʼn aansoek by die Johannesburgse hooggeregshof ingedien om sekere materiaal te bekom waarvan hy die kopiereg besit en om te verhoed dat die dokumentêr op enige plek uitgesaai of gebeeldsend word.

Vollenhoven, haar produksiemaatskappy Vollenhoven and Appollis Independent en Noseweek Magazine, wat die storie aanvanklik gedra het, is die respondente in die saak.
-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Hendrik ·

hulle het seker ontdek daardie verlore fondse het iewers in die nuwe owerhede se sakke beland

HELENA SEABORNE ·

seker weer i opgemaakte storie en nou is hulle bang die waarheid kom uit en hulle word gesue

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.