Schalk Burger in hospitaal opgeneem

Schalk Burger

Die Springbok en Stormer-rugbyspeler, Schalk Burger, is Woensdag met breinvliesontsteking gediagnoseer en in die hospitaal opgeneem.

Fiona de Souza, ʼn woordvoerder van die familie, het Donderdag gesê hy gaan omtrent vir die volgende 14 dae in die hospitaal behandel moet word totdat hy suksesvol genees het. “Daarna sal dit omtrent nog ses weke neem voordat hy fiks genoeg sal wees om te speel,” het De Souza gesê.

Sy het namens die familie Burger se spesialiste bedank vir hul “wonderlike behandeling”. Sy het ook al die ondersteuners bedank vir hul seënwense en gesê dit is ʼn moeilike tyd vir hom, sy vrou, Michele, en seuntjie, Schalk.

Burger het glo die infeksie opgedoen ná ‘n onlangse operasie om druk op ‘n senuwee te verlig wat die werking van sy kuitspier beïnvloed het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.