Schalk Burger word ook pappa

Maandag was beslis nie blou vir die Springbok Schalk Burger nie, alhoewel hy wel blou babakleertjies sal moet aanskaf. Schalk en sy vrou, Michele, het vanoggend ʼn babaseuntjie ryker geword.

Mark Boucher, ʼn voormalige paaltjiewagter van die Proteas, was van die eerste mense wat die egpaar op Twitter geluk gewens het. Hy skryf: ”Congrats to Scala and @MicheleBurger1 on the birth of baby Schalk!!! The future Bok NO 6??? No doubt!!! [Geluk Scala en Michele met die geboorte van baba Schalk! Die toekomstige No. 6-bok? Geen twyfel!]

Die ooievaar is omtrent vandag bedrywig. Maroela Media het vroeër berig van die sanger Adam Tas en sy vrou, Caren, wat ook ʼn pienkvoetjie ryker geword het. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.