Schumacher dalk “vir altyd” in ‘n koma

Michael Schumacher Foto: www.dw.de

Michael Schumacher Foto: www.dw.de

Talle gerugte doen die ronde in Duitse media oor Michael Schumacher se prognose en een publikasie het berig dat dié F1-kampioen dalk vir die res van sy lewe in ʼn koma sal wees.

Die Daily Mail berig dat Duitse media Focus en Bild met neuroloë hul sienings oor Schumacher se toestand bespreek het.

Schumacher (45) word sedert 29 Desember onder mediese verdowing gehou ná ʼn ski-ongeluk in die Franse Alpe.

Die jongste amptelike berig oor sy toestand was dat hy “kritiek, maar stabiel” is. Schumacher se bestuurspan het gesê hulle sal nie enige nuwe persverklarings uitreik tensy sy toestand verander nie.

Schumacher se vrou, Corinna, het die media versoek om die familie met rus te laat.

Die Duitse koerant, Focus, het ʼn onderhoud gevoer met die neurochirurg, Andreas Zieger, van die Universiteit van Oldenburg. Zieger spekuleer dat daar moontlik komplikasies was en dit is hoekom Schumacher so lank onder verdowing gehou word. “ʼn Koma kan teoreties vir baie lank in stand gehou word. Dit tas nie die menslike brein aan nie,” het Zieger gesê.

Prof. Gereon Fink, neurologiese kenner, het in ʼn onderhoud met ‘n nuuswebwerf gesê dit hang af van waar bloeding op die brein plaasgevind het, maar dit kan lei tot verlamming, spraakgebrek en persoonlikheidsveranderinge.

Lees ook:
Beeldmateriaal van Schumi-ongeluk word ondersoek
“Geringe verbetering” in Schumacher se toestand
Franse speurders soek Schumi-video
Schumacher-ongeluk word ondersoek
Michael Schumacher steeds kritiek
Michael Schumacher se toestand versleg
Michael Schumacher erg beseer in ski-ongeluk

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

anita ·

Hierdie is basies dieselfde situasie as die van wyle Prins Friso van Nederland, pynlik vir die familie
dan is ek in hierdie geval ten gunste van uthenasia, dit word geen mens toegewens nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.