Schumacher steeds in koma

Michael Schumacher Foto: www.dw.de

Michael Schumacher Foto: www.dw.de

Dokters wat glo sukkel om Michael Schumacher se lewe te red, het glo geen planne om hom uit die koma wakker te maak nie.

Schumacher word al sedert 29 Desember medies onder verdowing gehou ná ʼn ski-ongeluk in die Franse Alpe.

Motorsport.com berig dokters by die hospitaal in Grenoble, waar die voormalige F1-kampioen behandel word, het nog steeds nie ʼn datum bekend gemaak wanneer hulle hom wil wakker maak nie. Sommige kenners het aangedui hy sal dalk moontlik vir die res van sy lewe in ʼn vegetatiewe toestand verkeer.

Een van die kenners het gesê indien Schumacher wel uit die koma wakker word, hy moontlik algehele geheueverlies kan hê.

Lees ook:
Schumacher dalk “vir altyd” in ‘n koma
Beeldmateriaal van Schumi-ongeluk word ondersoek
“Geringe verbetering” in Schumacher se toestand
Franse speurders soek Schumi-video
Schumacher-ongeluk word ondersoek
Michael Schumacher steeds kritiek
Michael Schumacher se toestand versleg
Michael Schumacher erg beseer in ski-ongeluk

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Marieta ·

God alleen besluit. My seun was 42 dae in koma na motorongeluk. Vanaf dag 9 het dokters ons probeer oorreed om sy organe te skenk, omdat hy kwansuis breindood was, met GCS telling van slegs 3. Vandag is my kind al in staat om te praat, loop en amper weer sy ou self. Ja hy is baie vergeetagtig en humeurig, maar hy leef en ons is God ewig dankbaar.

Eben ·

Amen … Dis n wonderlike God wat ons dien Baie sterkte aan jou Marieta

Eugenie ·

Marieta, pragtige getuienis. Vir jou en jou seun ook, sterkte vir die toekoms.

william ·

Twintig jaar gelede was my broer betrokke in n moterfiets ongeluk. Hy was in n koma vir 6 maande . Almal het vir hom gebid en hy het weer bygekom. Sy hele persoonlikheid het verander en hy is meer liefdevol. Hy het 2 brein operasies gehad.Hy kry ook epilepsie . Hy vertel ons van die mooi plek waar hy was en elke keer huil hy baie. Hy se hy wou nie terugkom nie want die plek waar hy was is onbeskryflik mooi. Ek bid dat Schumacher sal herstel.

Eugenie ·

Laat mens met baie stof tot nadenke! By die hartseer van alles, is dit wonderlik om hierdie getuienisse te lees.

Sterkte ook aan julle William.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.