Schuster-fliek dalk gewilder as Madiba s’n

Leon schuster schuks your country needs you

ʼn Lokprent van die Leon Schuster-rolprent volg onderaan die berig.

Leon van Nierop, ʼn bekende rolprentresensent, het voorspel dat Leon Schuster se nuwe fliek dié naweek baie meer gewild sal wees in Suid-Afrika as die fliek oor Madiba se lewe, het Beeld Vrydag berig.

Dit is altwee rolprente, naamlik Schuks! Your Country Needs you en Mandela: Long Walk to Freedom, se openingsnaweek.

“Met alle respek vir ons volksleier, Mandela, wil ek sê dat mense naweke wil ontspan en lag,” het van Nierop aan Beeld gesê. Hy is van mening dat Schuster se fliek baie meer fliekgangers die naweek gaan lok.

Mark Harris, bemarkingshoof van Nu Metro, verwag dat albei rolprente baie goed sal vaar, maar dat die Mandela-fliek langer gewild sal wees.

Doug Place, bemarkingshoof van Ster-Kinekor, het gesê dit sal baie interessant wees om die loketsyfers van die flieks ná die eerste twee weke te vergelyk.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Elize Mans ·

Ja sekerlik sal ek nie die Madiba fliek gaan kyk nie,want hy was n moordenaar,en nou word daar n afgod van hom gemaak.

sonet ·

Wie wil nou sy geld in die water gooi om madiba te gaan kyk. Hys n terroris gewees en kla!! Kom mense ons ondesteun Leon schuster.

Babs ·

Nee dankie vir Mandela fliek. Sal altyd aan hom dink as ‘n terroris.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.