Scott en SuperSport se paaie skei

Darren Scott. Foto: Jacaranda

Die sportkanaal SuperSport het bevestig dat die radio-omroeper een aanbieder, Darren Scott, nie langer as ʼn rugby-aanbieder by die kanaal gaan werk nie.

SuperSport se woordvoerder, Clinton van den Berg, sê verteenwoordigers van die kanaal het Dinsdag met Scott vergader. Hy sê Scott het om verskoning gevra vir sy onlange uitlatings en daar is tydens die vergadering besluit dat die twee partye se paaie gaan skei. Scott het verlede week as omroeper by Jacaranda 94.2 bedank nadat hy ʼn kollega die k-woord toegesnou het tydens ʼn spanbou-naweek. Scott het gesê die betrokke kollega het hom getart en dat hy onder die invloed was van drank tydens die voorval. Volgens Scott skuld die kollega hom geld wat hy by hom geleen het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.