Secunda-lugskou: Glen Dell oorlede

Glen Dell

Glen Dell Foto: www.glendellaerobatics.com

‘n Video van Glen se vliegvermoë volg onderaan die berig. Glen Dell, die top-kunsvliegvlieënier wat vanoggend omstreeks 11:00 in ‘n vliegongeluk betrokke was by die Secunda-lugskou, is laat Saterdagmiddag oorlede, het ‘n woordvoerder van die familie aan Maroela Media bevestig.

Glen is op 9 April 1962 in Johannesburg gebore. Hy het in 1978 as 16-jarige reeds leer vlieg met ‘n Cessna 150 en het die volgende jaar sy vlieglisensie bekom. In 1980 het hy by die Suid-Afrikaanse Lugmag aangesluit waar hy opleiding in ‘n hele aantal vliegtuie, insluitend die Harvard-vliegtuig, ontvang het. Hy was onder andere ook ‘n helikopter-vlieënier op die Alouette- en Puma-helikopters.

Glen het in 1988 by die Suid-Afrikaanse Lugdiens aangesluit en het ‘n hele paar jaar Boeing 747 en 767’s gevlieg voordat hy uiteindelik as ‘n kaptein aangestel is op die Boeing 737-vloot.

In Augustus 2004 het Glen die eerste Suid-Afrikaner geword om die Gevorderde Wêreld Kunsvliegkampioenskap te wen.

Hy het tussen 1985 en 2005 minstens 20 keer as wenner weggestap by Suid-Afrikaanse kampioenskappe.

Glen het uiteindelik meer as 27 000 vlugure op sowat 250 verskillende vliegtuie agter die blad gehad.

In ‘n onderhoud met Red Bull het Glen gesê vlieg is soos musiek en ballet: mens moet die skoonheid daarvan kan raaksien sodat jy die kuns daarin kan sien. “Die ware skoonheid van vlieg is die kuns wat daarin lê,” het hy gesê.

Lees ook:
Lugskou-ongeluk: Vlieënier na Johannesburg oorgeplaas
Foto’s: Vliegongeluk by Secunda-lugskou
http://youtu.be/M4yj2Q8uvKk

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Louis van Wyk ·

My innige simpatie met die Dell familie.Ek het Glen geken vanaf Lugmagdae en ook nou saamgewerk met hom by Global Composite Solutions te Wonderboom Lughawe waar hy gehelp het met die ontwikkeling van die kunsvliegtuig – Die Slick 360.

Ons sal jou mis Glen Dell.

Shawn ·

I agree, pathetic response time. Since when do we only put our fire PPE on once arriving on the scene. Fire vehicles not suited for that type of incident. They all jump out and grab extinguishers (hello!!!! Hi-Octane fuel=super heat) if the use of extinguishers why not then just have a rapid response vehicle which would of got there faster and may have stopped the fire in its initial stage. The fire service is not what it used to be

Chris ·

My innige simpatie aan die familie. Het altyd sy vliegvernuf bewonder.Was dit werklik die Trojan wat in die ongeluk was?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.