Secunda-polisieman in vroeë oggendure doodgeskiet

Die Mpumalanga-polisie is op soek na inligting wat tot die suksesvolle inhegtenisname kan lei van die “gruwelike en barbaarse oortreders” wat Donderdagoggend ʼn polisiekonstabel van Secunda met ʼn hoëkaliber-vuurwapen doodgeskiet het.

Volgens brig. Selvy Mohlala, ʼn polisiewoordvoerder, was konst. Bheki Lucia Thobela (34) ʼn beampte van die Secunda-blitspatrollie.

“Thobela is omstreeks 02:00 doodgeskiet terwyl hy aan diens was. Hy het die pad tussen Bethal en Kriel patrolleer,” het Mohlala gesê.

Hy is deur kollegas in sy amptelike diensvoertuig, wat steeds geluier het, aangetref. Sy persoonlike besittings was nie vermis nie.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie versoek enigiemand wat inligligting oor die voorval het om lt. Emson Mthombeni by 082 782 3059 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Gawie Botha ·

Hierdie tiepe misdaad,sal al hoe meer begin plaasvind,,,,,aangesien die regstelsel nie reg toegepas word,as gevolg van onbekwaamheid!,,,,baie arrestasies,en min skuldigbevindings,vervolgsugtigheid,en vigilantie optredes,,,,,,,,die resep vir n Meka van Kriminele!

JAVR ·

Dis seker maar een of ander skelmstreek wat skeef geloop het. En nou soek hulle die gruwelike barbare!!! Wat van die boere!!!

Trippie ·

Stem weer saam met jou.

Sterf aan ‘n koeëlwond is “genadiger” as om te sterf a.g.v. strykyster-verbranding, verkragting, meswonde, ens. Presies wat met die Blankes gebeur. Met hul eie nasie word daar nie gespeel sou iets verkeerd loop nie. Skiet, oor en verby. Ons mense word gemartel tot hulle sterf, en die enigste “fout” is ons velkleur.

Wreder kan mens nie kry nie.

NS: Barbaars is ‘n “under-statement” vir hierdie spesie.

Melissa ·

“Gruwelike en barbaarse oortreders” !!??? Wat van die BARBARE wat boere martel, met kookwater gooi, met strykysters brand en ek weet nie wat nog nie! Hoekom moet ons so lewe??

Danie ·

Slegte Nuus: MAAR hoe word die beampte toe gelaat om ALLEEN Patrolie dienste te verrig. Polisie Beampte alleen in ‘n voertuig laat veel vrae onbeantwoord.

helena ·

Indien hul dit as “gruwelik en barbaars” bestempel, wat van al die gruweliker en barbaarser martelings, verkragtings, moorde op ander lede van SA gemeenskap?? Ou mense, gestremdes en kinders o.a? STOP dit net, dit kan gedoen word as daar enige een in die hoër posisies van die land is wat dit graag wil stop! Kyk spesifiek na moorde op blankes. Sedert 1992 is daar al 70 000 vermoor. Dis nie n tikfout nie…..70 000!

Colin ·

Haai Piet Croucamp….kyk! Steve en Sunette en duisende ander van die “lae intellektuele rassisties Afrikaners” het n rassistiese maat bygekry wat die klomp barbare “BARBARE” noem…nogal een uit jou kooi uit! Brig. Selvy Mohlala…n swart man!!

JAVR ·

Dink nou net daaraan…die gruwelike barbare het dalk met sy share ook weggekom en nou moet daar met ‘ns tink spoed gesoek word!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.