ʼn 52-jarige man is Saterdagaand deur ʼn seekoei doodgebyt by ʼn reservaat buite Klerksdorp in Noordwes.
ʼn Woordvoerder van Netcare911, Jeff Wicks, sê die man wat glo die eienaar van die lodge is, is verskeie kere deur die seekoei gebyt. Wicks sê die seekoei is na bewering mak en bly in ʼn rivier naby die reservaat, op die oewer van die Vaalrivier. Hy sê die man is vroeër vanjaar uit ʼn boom gered nadat hy deur ʼn seekoeibul gejaag is.