Seekoei byt man dood

Argieffoto

ʼn Seekoei het ‘n plaaswerker naby ʼn dam op ʼn plaas in die Modjadjikloof-omgewing in Limpopo aangeval en doodgebyt.

Colman Rahlaga (35) het glo Sondagoggend om 02:00 alleen naby die dam geloop toe die seekoei hom aangeval het, het The Citizen Donderdag berig.

Volgens adjudant-offisier Kamedi Seshoka, ʼn polisiewoordvoerder, is Rahlaga se liggaam Maandag omstreeks 08:00 deur ʼn veiligheidsbeampte gevind.

“Seekoeie raak baie aggressief as hulle kalfies het en dit is baie gevaarlik om in die aand in gebiede rond te loop waar seekoeie is,” het Seshoka gesê.

Die polisie het vandeesweek verskeie plase in die omgewing besoek om mense bewus te maak oor die gevare wat seekoeie inhou.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.