Seekoei loop in Zeekoevlei, Kaapstad rond

Argieffoto

Die stad Kaapstad se stadsraad het inwoners van dié stad gewaarsku om op die uitkyk te wees vir ‘n 2-jarige seekoei wat in die Zeekoevlei-omgewing in die Valsbaai-natuurreservaat opgemerk is.

Na wat vermoed word, kom die seekoei uit die Rondevlei.

Volgens Julia Wood, ‘n woordvoerder van die stad, is sowat 300m van die reservaat se heining op 31 Julie gesteel, waarna die seekoei ontsnap het. Pogings om die dier te vang, is van stapel gestuur.

“Ons maan die publiek om versigtig te wees, want seekoeie kan baie gevaarlik wees,” het Wood gesê. “Zeekoevlei-inwoners en besoekers word aangeraai om nié die dier te nader of te steur nie. Motoriste moet ook versigtig wees, omdat die seekoei veral in die aande rondloop.”

Mense wat die seekoei gewaar, kan die natuurreservaat bel by 021 396 4281 of 083 499 1717.

Maroela Media het Woensdag ook berig van ‘n seekoei wat al vir langer as twee dae in ʼn swembad by ʼn wildreservaat in Modimolle (Nylstroom) in Limpopo vasgekeer is. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.